Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Die betekenis daarvan om God se Stem te hoor en in die Gees van openbaring te wandel, beide Bybels- en ervaringsgewys en daarteenoor om hartsbegeertes te hoor. Baie reken dat hierdie boek ons waardevolste is. Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - General
Wanneer mens met Christene gesels hoor jy hulle dikwels sê: ‘God het vir my die-of-daai gesê’. Ander sal weer sê: ‘God het my gelei om die-of-daai te doen’. Sulke mense het geen oortuiging nodig dat die God van die Bybel vandag met mense praat nie. Ongelukkig bring baie mense - deur hul vrug - die idee om God se stem te hoor in oneer. Om hierdie rede vermaan baie kerkverbande en individuele leraars hul gemeentes om die stem van God te probeer hoor. Hulle waarsku dat dit maklik kan lei tot misleiding. Hulle bedoel egter dat mense wat die Heilige Gees toelaat om hulle in alle waarheid te lei (Johannes 16:13), in konflik met die kerkdogmas gaan kom.
Op ‘n manier is hierdie waarskuwing geldig. Baie mense word inderdaad mislei wanneer hulle poog om die stem van God te hoor. Daar sal byvoorbeeld altyd mense wees wat glo dat God gesê het hulle moet hul naaste vermoor of egbreuk pleeg. Sulke mense is in hul harte wetteloos en die woord wat hulle ‘hoor’, is nie van die Gees van waarheid nie. Om God se stem te hoor bring egter nie misleiding mee nie. Misleiding kom van hartsbegeertes. Dit is die rede waarom die Israeliete kort nadat hulle uit Egipte weg is, ’n goue kalf gemaak het. Die feit dat hulle deur die bloed van die lam geregverdig was, beteken nie dat hulle met die probleem van hartsbegeertes afgereken het nie. Dieselfde is waar van Christene vandag.
Paasfees handel oor ons regverdigmaking deur die bloed van die Lam van God; Pinkster handel oor ons gewilligheid en vermoë om Sy stem te hoor. Daardie stem roep ons teen die berg op in die verterende vuur in. Dit is ‘n oproep om te sterf en die meeste mense vandag, net soos in die dae van Israel, hardloop van hierdie besliste dood af weg, omdat hulle hul sterflike lewens en vleeslike wese wil behou. Daarom lees ons in Hebreërs 3:15,
15 While it is said, Today if ye will hear His voice, harden not your hearts, as in the provocation.
15 omdat daar gesê word: Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
Met ander woorde: Moenie soos Israel in die wildernis wees, wat op ‘n afstand bly staan het en geweier het om nader te gaan aan God in die verterende vuur, om Sy stem te hoor en Sy wet op hul harte geskryf te hê nie. Hulle het verkies om vleeslik te bly en die begeertes van hul harte te behou. Hulle het hul eie wil, eie insig en eie metodes - naamlik afgodery - verkies.
‘n Afgod word gevorm wanneer ons God na ons eie beeld skep, met ander woorde, wanneer ons ‘n idee van God in ons gedagtes formuleer, volgens ons eie vleeslike insig. Dit is belangrik om nie die woord van God met ons siening daarvan te verwar nie - so kan dit gebeur dat ons ‘n afbeelding van die ware God aanneem en dit begin aanbid.
‘n Onderliggende doel van Pinkster is juis om God slegs as ‘n verterende vuur voor te stel, onafhanklik van enige beeld, of persoonlike insig van God, want Moses het gesê ‘… julle het ‘n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning [gelykenis of beeld] gesien nie - net ‘n stem was daar.’ (Deureronomium 4:12). Die verterende vuur wat God in ons aansteek met Pinkster sal ons vlees verteer en ons begin verander na die beeld en gelykenis van God. Hierdeur sal God Homself in ons openbaar en deur ons uitdruk. Hierdie proses word voltooi teen die Loofhuttefees, wanneer van die liggaam van Christus gesê sal word soos van die Hoof ‘… hy wat My gesien het, het die Vader gesien.’ (Johannes 4:9).
Een van die mees noemenswaardige Skrifgedeeltes wat handel oor hartsbegeertes is te vinde in die skrywes van Esegiël. God het die meeste aangaande hierdie besondere probleem aan hierdie profeet bekend gemaak en die verhoog gestel vir die volgende openbaring in hoofstuk 4: Esegiël is opdrag gegee om vir 390 dae op sy linkersy en ‘n verdere 40 dae op sy regtersy te lê, terwyl hy kos eet wat gekook is ‘met’ (oor) mis. Die mis in die boek Esegiël verteenwoordig die tradisies van mense, wat die priesters vir die mense ‘gevoer’ het, nadat hulle self die ware brood van die woord ‘geëet’ het. Die priesters het dit deur vlees verwerk en vir die mense die produk daarvan (mis) gegee. Sien The Laws of Wormwood and Dung
In Esegiël se dae was daar diegene wat hom genader het vir profetiese woord, maar hulle het reeds ‘n besluit geneem en het daarom met ‘n vooropgestelde opinie gekom. Hulle het nie na die profeet gegaan om werklik die woord van God te hoor nie, maar eerder om bevestiging te kry vir hul eie opinies en sienings. Hulle het nie beoog om Esegiël se woord (vanaf God) te volg, indien dit in teenstelling was met dit wat hulle reeds vooraf besluit het nie. Hierdie storie is in Esegiël 14:1-6 opgeskryf:
1 Then came certain of the elders of Israel unto me and sat before me. 2 And the word of the Lord came unto me, saying, 3 Son of man, these men have set up their idols in their hearts, and put the stumblingblock of their iniquity before their face; should I be enquired of at all by them? 4 Therefore speak to them and say unto them, Thus saith the Lord God: Every man of the house of Israel that setteth up his idols in his heart, and putteth the stumblingblock of his iniquity before his face, and cometh to the prophet; I the Lord will answer him according to the multitude of his idols; 5 That I might take the house of Israel in their own heart, because they are all estranged from Me through their idols. 6 Therefore say unto the house of Israel, Thus saith the Lord God: Repent, and turn yourselves from your idols; and turn away your faces from all your abominations.
1 Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. 2 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê: 3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die stuikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit - sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? 4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die stuikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom - Ek, die Here, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee; 5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het. 6 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here Here: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al jul gruwels.
Hierdie was effektief ‘n Hooggeregshofuitspraak direk uit die Hemel. Die Goddelike wet maak nie spesifiek melding daarvan of God mense sal antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg met vooropgestelde idees in plek nie. In hierdie uitspraak sê God Hy SAL ‘antwoord gee’, hoewel die antwoord eenvoudig hul verkeerde idees sal bevestig, ‘sodat Ek (God) Israel in hulle hart kan gryp,’. Die gevolg hiervan lees ons in die volgende verse, Esegiël 14:7-10:
7 … I the Lord will answer him by Myself; 8 And I will set My face against that man, and will make him a sign and a proverb, and I will cut him off from the midst of my people; and Ye shall know that I am the Lord 9 And if the prophet be deceived when he hath spoken a thing, I the Lord have deceived that prophet, and I will stretch out My hand upon him, and will destroy him from the midst of My people Israel. 10 And they shall bear the punishment of their iniquity; the punishment of the prophet shall be even as the punishment of him that seeketh unto him.
7 Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die stuikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg - hom sal Ek, die Here, self antwoord gee. 8 Ek sal My aangesig rig teen dié man en hom tot ‘n teken en ‘n voorwerp van spot maak, en ek sal hom uitroei uit die midde van My volk; en julle sal weet dat Ek die Here is. 9 En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek - Ek, die Here, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van My volk Israel. 10 En hulle moet hul ongeregtigheid dra: soos die ongeregtigheid van die vraer, so sal die ongeregtigheid van die profeet wees.
Die tradisies en instellings van mense sal sê dat dit onmoontlik is, want ‘God lieg nie’, maar die tradisies en instellings van mense is nie die Hoofgeregshofuitsprake van God nie. Hierdie tradisies en instellings van mense is hul eie uitsprake gebaseer op vakkundigheid en hul beperkte insig met betrekking tot God. In werklikheid maak dit ‘die woord van God kragteloos deur julle oorlewering [tradisies en instellings van mense]’ (Markus 7:13).
Wanneer Moses en die profete meer detail oor die wet van God of die ware interpretasie of aanwending daarvan nodig gehad het, het hulle na die Hooggeregshof van God gegaan met geen vooropgestelde idee van wat God se antwoord behoort te wees nie. Wanneer geloofsleiers egter hul eie opinies of idees het, is hulle gewoonlik meer geïnteresseer om te bevestig wat ‘reg’ is (in hul eie opinie, natuurlik) as om te erken dat hulle in werklikheid nie die antwoord het nie en daarom God eers moet raadpleeg. Om hierdie rede implimenteer mense hul eie tradisies en instellings - hul eie sienning van die wette - eerder as om God te raadpleeg met ‘n hart vry van hartsbegeertes.
Dit is eenhonderd persent waar dat God nie kan lieg nie. God sê egter dat mense wat ‘n leuen wil glo, sal ontvang waarvoor hulle vra, want Hy sal hulle antwoord volgens hul hartsbegeertes. As iemand hul hartsbegeerte wil aanbid, hul eie sienings wil behou en wil hê dat God die stempel van waarheid daarop moet plaas, sal Hy vir hulle die antwoord gee wat hul afgod vir hulle sou gee. Die kerk is vol van die tradisies en instellings van mense (oorlewering), daarom is dit moeilik om Esegiël se openbaring te verstaan, maar die betrokke uitspraak is direk uit die Hoofgeregshof gelewer.
Soos voorheen bevestig, was daar in Moses se dae geen wet wat spesifiseer het wat God sou doen indien ‘n mens Hom sou raadpleeg met ‘n hart vol begeertes nie. Ons sien egter in Numeri 11 ‘n voorwaarde ten opsigte daarvan wanneer mense eerder vleis wou eet as die manna wat God vir hulle voorsien het. Numeri 11:12-34
18 And say thou unto the people, Sanctify yourselves against tomorrow, and ye shall eat flesh; for ye have wept in the ears of the Lord, saying, Who shall give us flesh to eat? For it was well with us in Egypt; therefore the Lord will give you flesh, and ye shall eat. 19 Ye shall not eat one day, nor two days, nor five days, neither ten days, nor twenty days; 20 But even a whole month until it come out at your nostrils, and it be loath-some unto you … 33 And while the flesh was yet between their teeth, ere it was chewed, the wrath of the Lord was kindled against the people, and the Lord smote the people with a very great plague. 34 And He called the name of that plague Kibroth-Hattaavah [the graves of lust]; because there they buried the people who lusted.
18 En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die Here geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die Here vir julle vleis gee, en julle sal eet. 19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie - 20 ‘n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die Here wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek? 33 … Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die Here alreeds teen die volk ontvlam het, en die Here het onder die volk ‘n baie groot slagting teweeggebring. 34 Daarom het hulle dié plek genoem Kibrot-Hattáäwa [die grafte van begeerte]; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.
Die volk was lus om vleis te eet - die woord lus beteken eenvoudig begeer. Hul lus om vleis te eet was gegrond op hul begeerte om hul eie kop te volg, hul eie opinies te vorm, hul eie wette te formuleer en self te besluit wat goed (regverdig) en kwaad (sonde) was. Die Nuwe Testament verwys daarna as die ‘begeertes van die vlees’ - hulle wou nie manna (die ware Woord van God), eet nie. Hulle het nie in Sy wet belang gestel nie, hulle het na Moses gegaan met ‘vleeslike begeertes’ in hul harte en van God vleis gevra.
Dit is presies wat die oudstes in Esegiël se dae gedoen het toe hulle voor hom gaan sit het met begeertes in hul harte. Hulle het Esegiël gevra om ‘n stempel van goedkeuring op hul oorlewerings of tradisies te plaas. Hulle het God se goedkeuring gevra vir instellings wat hulle reeds onder mekaar as die waarheid bepaal het. Hulle wou vleis hê om te eet, daarom het God dit vir hulle gegee en hulle veroordeel, omdat hulle dit geglo het.
Paulus sê in Romeine 7:7:
7 I had not known sin, but by the law; for I had not known LUST, except the law had said, Thou shalt not COVET.
7 … Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie gereken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
Paulus stel lus gelyk aan begeerte. Dit beteken dat die tiende gebod ons verbied om die werke van enige vlees te volg - menslike begeertes wat nie aan God onderwerp is nie. Wanneer Paulus dus as samevatting in Romeine 7:25 NASB (vers 26 - 1933 AV) sê: ‘So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van sonde.’ - verwys hy na die tiende gebod. Ons sterflike natuur begeer vleeslike dinge, insluitend die oorlewerings van mense, hoewel ons gees egter die wet van God dien en in ooreenkoms met Sy opdragte en Hooggeregshof uitsprake is.
Die deurlopende probleem waarvoor ‘n Chirsten te staan kom wanneer hy leer om God se stem te hoor, is sy eie vleeslike begeertes. Ons moet leer om Hom te raadpleeg sonder vooropgestelde idees, sodat Hy nie ons lus toestaan en dit ons in ‘grafte van begeerte’ laat beland nie. Dit is vir ons ‘n duidelike waarskuwing.
Ingeval iemand dink dit sal veiliger wees om heeltemal op te hou probeer om Sy stem te hoor, weet dat ‘n versoek om hartsbegeertes te ontwortel, beslis toegestaan sal word. As ons bereid is om al ons verborge begeertes aan God te oorhandig om vernietig te word, sal Hy ons behandel soos Sy ware seuns en dogters. Met ander woorde, Hy sal ons opvoed deur dissipline (Hebreërs 12:5-7). Dit kan moontlik traumaties wees elke keer as Hy ‘n hartsbegeerte vernietig, wat mens dalk bietjie soos ‘n mishandelde kind kan laat voel, maar die dissipline is beslis die moeite werd, want dit laat ons volwassenheid bereik in volle ooreenstemming met Sy plan vir ons lewens.
Nog ‘n ontnugterende voorbeeld van God se optrede teen die mense wat hartsbegeertes aanbid is in 1 Konings 22 te vinde. In hierdie verhaal is Josafat, koning van Juda en Agab, koning van Israel in alliansie met mekaar. Hulle het besluit dat dit ‘n goeie tyd was om ‘n aanval teen Sirië te loots en sodoende van Israel se stede wat vroeër deur Sirië oorwin was, terug te neem. Uit hulle perspektief het dit na ‘n goeie plan gelyk, want God wil immers hê dat alle Israeliete vry moet wees. Wat hulle egter nie verstaan het nie, was dat dit verkeerd was om daardie Israeliete uit Siriese gevangenskap te bevry, net om hulle in slawerny van die afgodsaanbiddende koning van Israel te bring. Onderdanigheid aan Sirië was ‘n Goddelike uitspraak teen Israel vir hul sonde en rebellie. Ons lees in 1 Konings 22:5-6:
5 And Jehoshaphat said unto the king of Israel, Enquire, I pray thee, at the word of the Lord today. 6 Then the king of Israel gathered the prophets together, about four hundred men, and said to them, Shall I go against Ramoth-gilead to battle, or shall I forbear? And they said, Go up; for the Lord shall deliver it into the hand of the king.
5 Verder het Josafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die Here. 6 Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vierhonderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gilead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.
Die vals profete was moontlik dié wat werklik ‘n profetiese roeping gehad het, maar hulle het ander gode ingedagte gehad (of hartsbegeertes). Hulle was onderdanig aan mense, nie aan God nie - hulle het gedink dit sal beter wees om eerder niks te profeteer wat teen die koning se wil was nie. Dus was hulle die koning se profete, nie profete van God nie. Dalk was hulle onderdanig aan die godsdienstige leiers van daardie dae, wat hulle kerk-profete gemaak het, nie profete van God nie. Wat die geval ookal mag wees, die Bybel verwys na hulle as vals profete - nie noodwendig omdat hulle vals geprofeteer het nie, maar omdat hulle teenoor God vals was en nie onderdanig aan Hom bo almal anders nie. Onthou dat selfs Balaam, die klassieke vals profeet van Numeri 22-24, nie valse dinge geprofeteer het nie. Hy was alleen vals, omdat hy hartsbegeertes gehad het - geld en mag - wat aandag bo God geniet het.
Josafat was ‘n regverdige koning met ‘n hart vir God, maar deur ‘n alliansie met koning Agab te vorm, het hy dit moeilik en teenstrydig ondervind om God te dien en Agab gelukkig te hou. Toe die profete goeie profetiese woord aangaande die voorgenome stryd lewer, het hy ongemaklik gevoel daaroor, omdat hy besef het dat iets nie pluis was nie. Daarom het hy versoek om ‘n profeet van God te hoor en daarom het hy vir Miga laat roep. Ons lees verder in 1 Konings 22:7-15:
7 And Jehoshaphat said: Is there not here a prophet of the Lord, that we might enquire of him? 8 And the king of Israel said to Jehoshaphat, there is yet one man, Micaiah, the son of Imlah, by whom we may enquire of the Lord; but I hate him, for he doth not prophesy good concerning me, but evil. And Jehoshaphat said, Let not the king say so. 9 Then the king of Israel called an officer; and said, Hasten hither Micaiah the son of Imlah. 10 And the king of Israel and Jehoshaphat the king of Juda sat each on his throne, having put on their robes, in a void place in the entrance of the gate of Samaria [the capital city of the northern house of Israel]. 11 And Zedekiah the son of Chenaanah made the horns of iron; and he said, Thus saith the Lord, With these shalt thou push the Syrians, until thou have consumed them. 12 And all the prophets prophesied so, saying, Go up to Ramoth-gilead and prosper; for the Lord [Yahweh] shall deliver it into the king’s hand. 13 And the messenger that was gone to call Micaiah spake unto him, saying, Behold now, the words of the prophets declare good unto the king with one mouth. I pray thee, be like the word of one of them and speak that which is good. 14 And Micaiah said, As the Lord liveth, what the Lord saith unto me, that will I speak. 15 So he came to the king. And the king said unto him, Micaiah shall we go against Ramoth-gilead to battle, or shall we forbear? And he answered him, Go and prosper; for the Lord shall deliver it into the hand of the king.
7 Maar Josafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die Here, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 8 En die koning van Israel antwoord Josafat: Daar is nog een man om deur hom die Here te raadpleeg; maar ek haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga die seun van Jimla. en Josafat se: Die koning moet nie so spreek nie! 9 Daarop roep die koning van Israel ‘n hofdienaar en sê: Gaan haal Miga gou, die seun van Jimla. 10 Onderwyl die koning van Israel en Josafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed met koninklike klere, op ‘n dorsvloer by die ingang van die poort van Samaria, en al die profete voor hulle profeteer, 11 het Sedekia, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die Here: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is. 12 En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gilead en u sal voorspoedig wees, en die Here sal dit in die hand van die koning gee. 13 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dit: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge. 14 Maar Miga sê: So waar as die Here leef, voorwaar, wat die Here vir my sê, dit sal ek spreek! 15 Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gilead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op , en u sal voorspoedig wees, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.
Let op Miga se woorde aan die boodskapper - wat ookal die Here [Yahweh] vir hom gee om te sê, sal hy sê. Tog het hy presies dieselfde boodskap aan die koning oorgedra as al die ander profete. Josafat was dadelik agterdogtig. Selfs koning Agab het besef dat alles nie reg was nie, omdat Miga se profesië nooit ooreengestem het met al die ander profete s’n nie. 1 Konings 22:16
16 And the king [Ahab, king if Israel] said unto him: How many times shall I adjure thee that thou tell me nothing but that which is true in the name of the Lord?
16 En die koning [Agab, koning van Israel] sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die naam van die Here tot my moet spreek nie?
Wanneer ‘n mens besweer word, beteken dit dat jy uitgedaag word om voor God die waarheid en niks anders as die waarheid te mag praat nie, met ander woorde: ‘n Eedoplegging met jou hand op die Bybel. Die Hebreeuse woord is shaba, wat eed beteken. Byvoorbeeld, Beer-Sheba beteken ‘die fontein van die eed’. Dus het Agab vir Miga herhinder dat hy onder eed voor God was om die waarheid te praat in die Hooggeregshof. (As ek vir verdere studie van beswering die voorbeeld van Jesus mag voorhou - dit is dieselfde as wat die hoërpriester aan Jesus gesê het in Matteus 26:63, wat Jesus toe onder eed geplaas het om te sê wie hy werklik was. Die Griekse woord in bogenoemde vers is exorkizo, wat ‘eedoplegging’ beteken)
Deur Miga onder eed te plaas het Agab dus appèl aangeteken in die Hooggeregshof van God. 1 Konings 22:17
17 And he [Micaiah] said, I saw all Israel scattered upon the hills, as sheep that have not a [good] shepherd; and the Lord said, These have no master; let then return every man to his house in peace.
17 Daarop antwoord hy [Miga]: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen [goeie] wagter het nie. En die Here het gesê: Hulle het geen Heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
Wag bietjie, het Israel dan nie twee konings gehad, een in Jerusalem en die ander in Samaria nie? Wat beteken ‘hulle het geen Heer nie’ dan? Die volk het nie ‘n behoorlike wagter of koning gehad, wat volgens die wette van God, namens God regeer het nie. Al wat hulle gehad het was konings wat soos die ander nasies om hulle, as onderdrukkers regeer het, volgens die oorlewerings en tradisies van mense. Agab self het volgens die wette van sy vader, Omri, regeer (Miga 6:16). Ons lees verder in 1 Konings 22:18-23
18 And the king of Israel [Ahab] said to Jehoshaphat, Did I not tell thee that he would prophesy no good concerning me, but evil! 19 And he [Micaiah] said, Hear thou therefore the word of the Lord; I saw the Lord sitting on His throne, and all the host of heaven standing by Him om His right hand and on His left. 20 And the Lord said, Who shall persuade Ahab, that he may go up and fall at Ramoth-gilead? And one said on this manner, and another said on that manner. 21 And there came forth a spirit and stood before the Lord and said, I will persuade him. 22 And the Lord said unto him, Wherewith? And he said, ‘I will go forth, and I will be a lying spirit in the mouth of all his prophets’. And He said, Thou shalt persuade him and prevail also; go forth, and do so. 23 Now therefore, behold the Lord hath put a lying spirit in the mouth of all these thy prophets, and the Lord hath spoken evil concerning thee.
18 Toe sê die koning van Israel [Agab] vir Josafat: Het ek u nie gesê nie - hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil? 19 Verder sê hy [Miga]: Daarom, hoor die woord van die Here: Ek het die Here sien sit op Sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan Sy regter- en aan Sy Linkerhand. 20 En die Here het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gilead? En die een het só gesê, en die ander weer só. 21 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die Here staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die Here vra hom: Waarmee? 22 En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 23 En nou, kyk, die Here het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die Here het onheil oor u gespreek.
Miga se visioen gee aan ons die harde realiteit van die situasie. Agab se profete het ‘n vooropgestelde opinie gehad toe hulle God geraadpleeg het. Hulle het die aansien, mag en monitêre vergoeding wat met die ondersteuning van koning Agab gepaard gaan, begeer. Hulle het besef dat indien hulle dit wou behou, hulle goeie dinge moes profeteer rakende die geveg ter sprake. Daar bestaan by my geen twyfel dat hierdie profete geglo het dat hulle die antwoord direk van God af ontvang het nie. Uit Miga se visioen is dit egter duidelik dat God hulle volgens hul hartsbegeertes geantwoord het.
Miga is in die tronk gegooi, tot hulle bewyse bymekaar kon kry om hom verkeerd te bewys. Hulle het beoog om Miga te stenig as ‘n vals profeet, sodra hulle in die geveg teen Sirië oorwin het. Ek vind dit moeilik om te glo dat Josafat na alles saam met Agab opgeruk het teen Sirië, maar hy het (1 Konings 22:29). Josafat was die een wat van ‘n profeet van God, die waarheid wou hoor. Dit is hartseer om te dink dat hy soveel deur Agab beïnvloed was, dat hy geglo het dat Miga ‘verkeerd’ profeteer het. Vierhonderd profete wat die teendeel profeteer? ... kon sekerlik nie verkeerd wees nie?
Ek wonder baie of die verhouding van 400-teen-1, ‘n profetiese verhouding is wat vandag nog van toepassing is. Hoeveel hedendaagse profete het nog nie afgereken met die begeertes in hul harte nie? Hoeveel van hulle is kerk-profete en hoeveel is God se profete? As ons ‘n opname sou doen waarin ons hulle vra of hulle kerk-profete of profete van God is, hoeveel van hulle sou weet dat daar ‘n verskil is? Sal hulle kan onderskei tussen onderdanigheid aan hul kerkverband en onderdanigheid aan God?
Koning Agab is dood in die oorlog teen Sirië, ten spyte van sy pogings om homself te vermom. Om die waarheid te sê, het Agab (volgens Josephus) vir Josafat oorreed om sy (Agab) se klere aan te trek, want die koning van Sirië het opdrag gegee dat niemand gedood moes word nie, behalwe Agab. Dit kom voor of Agab vir Josafat daardeur misbruik het, want die oëverblindery het amper gewerk. Toe die Siriërs egter naby Josafat was, het hulle besef dat dit nie Agab was nie, en weggedraai (1 Konings 22:33). Dit was heel toevallig dat ‘n man ‘die boog gespan en die koning van Israel (Agab) getref [het] tussen die aanhegsels en die pantser.’ (1 Konings 22:34). Agab het teen sononder gesterf.
Josephus vertel ons ook wie vir Agab doodgemaak het. In Antiquities of the Jews, VIII, xv, 5 lees ons:
‘… and when they sought to kill Ahab alone, but could not find him, there was a young nobleman belonging to king Benhadad, whose name was Naaman; he drew his bow against the enemy, and wounded the king through his breastplate, in his lungs.’
Koning Agab is gedood en Sirië het die oorlog gewen, wat veroorsaak het dat hulle hul gevange Israeliete behou het. Onder hierdie gevangenes, was ‘n jong meisie van Israel wat die dienskneg van Naäman se vrou was. ‘n Paar jaar later het Naäman melaatsheid opgedoen en hierdie gevange meisie was baie bekommerd daaroor. In 2 Konings 5:3 sê sy:
3 … Would God my lord were with the prophet that is in Samaria! for he would recover him of leprosy.
3 … was my heer maar net by die profeet wat in Samaria is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.
En so het die Siriese kaptein, Naäman, wat koning Agab doodgemaak het, na die profeet Elisa in Israel gegaan om van melaatsheid genees te word. Naäman moes ‘n baie dierbare man gewees het, vir sy gevangene om so besorgd te wees oor sy gesondheid. God het hom uit genade ook ‘n les in nederigheid geleer. Hy moes eerstens ‘n bod op ‘n jong meisie dien en tweedens die wet met betrekking tot die genesing van melaatsheid in die Jordaanrivier eerbiedig (Levitikus 14:1-7).
Naäman het dit nie besef nie, maar hy het begin leer hoe om God se stem te hoor. Hy het God se stem gehoor deur die jong Israeli meisie wat geloof in God gehad het en besorg was oor haar meester se gesondheid. Soos die profeet Elia, het Naäman begin leer dat die stem van God nie in die maal van ‘n warrelwind of die knetter van ‘n vuur te vinde is nie, maar in die sagte (stil, onhoorbare) klein stemmetjie, wat meeste mense afskryf as niks. Dit was ‘n sagte stem, die geluid van ‘n bries, soos die Septuagint (Griekse vertaling) dit stel. Dié stem is soos die geluid van ‘n bries, jy sien dit nie, maar jy herken dit aan die effek wat dit het.
Meeste mense wat vandag na God se stem soek, verwag dit in weerlig en donder of verwoestende brande van oordeel. Hulle redeneer, omdat God Almagtig is, dat Hy met ‘n magtige, dawerende stem sal praat. Somtyds doen Hy dit so, maar dan regverdig dit unieke openbarings met unieke omstandighede. Meeste van die tyd praat God met gewone mense, in ‘n stem wat geen uiterlik waarneembare geluid maak nie. Soms is dit bloot net ‘n ‘wete’ en ander kere hoor ons dit vanuit die mees onverwagse oorde - selfs van heidende en dié wat ons haat.
God stel nie belang om mense se aandag te trek deur in vuur op ‘n berg neer te daal nie. Hy doen nie opvallende dinge, tensy in uiters rare omstandighede nie. Waarom nie? Want sulke gewigtige gebeure het nie noodwendig geloof by mense tot gevolg nie. Die vuur op die berg Sinaï in Moses se dae, het nie by die Israeliete noemenswaardige geloof teweeg gebring nie - dit het net vrees veroorsaak. Geloof word primêr produseer in mense wat leer om die onhoorbare stem van God te ‘hoor’, die sagte stem in ons gees waar God is.
Dit is die les in Naäman se verhaal, die begin van ons eie genesing van ‘melaatsheid’ wat ons van Adam oorgeërf het, naamlik sterflikheid. Slegs deur die Gees van God se leiding te volg in ons eie gees, sal ons die Beloofde Land vind.
In ons boek, The Wheat and Asses of Pentecost, word breedvoerig verduidelik hoe Koning Saul Pinkster verteenwoordig. In 1 Sameul 12:17 lees ons dat hy as koning gekroon is op die dag van die koringoes, of Pinkster en dat hy vir 40 jaar regeer het. Saul was dus ‘n Ou Testament tipe en skadu van die kerk onder die seën van Pinkster gedurende die 40 jubileums van 33 tot 1993 A.D. Ons bevind ons dus in ‘n post-Pinkster tydperk en is tans in ‘n oorgangsfase na die Loofhuttetydperk. Die kerk se geskiedenis gedurende die laaste 40 jubileums is voorspel deur die geskiedenis van Koning Saul. In werklikheid kan ons nie kerkgeskiedenis verstaan, tensy ons dit aan die hand van Saul se lewe en sy verhouding met Dawid (‘n oorwinnaar) bestudeer nie. Saul was die beste opsie in die land met die beste kwalifikasie om koning te wees (1 Sameul 9:2), maar sy gestalte was net ‘n manifestasie vir die hart van die volk. Die volk het ‘n koning begeer soos die konings van al die ander volke om hulle (1 Sameul 8:5); en so het God vir hulle gegee wat hulle wou hê, presies soos Hy vir Israel vleis gegee het in die woestyn, toe hulle lus was daarvoor. Hulle het steeds nie besef dat God dikwels veroordeel deur te gee waarvoor mens vra nie. Dit sluit vleeslike woorde van profesie ook in, as dit is waarvoor ons vra.
Soos rakelings verduidelik in hoofstuk een, het die kerk geleidelik die gewone mens se reg om God se stem direk te hoor, verwyder deur dit wet te maak dat mens God slegs deur die priesterdom of pous kon raadpleeg. Dit is een van die eerste lesse wat ons leer in die Bybel se verhaal aangaande die regering van koning Saul. In 1 Sameul 14, voer Israel oorlog teen die Filistyne. In die verhaal vertolk Jonatan die rol van die ambisieuse oorwinnaar van die Pinkstertydperk. Jonatan en die dienaar wat sy wapens dra het die Filistyne verslaan en die Israeliete moes hardloop om hoegenaamd enigiets te doen. Van die oorlog sê 1 Sameul 14:24-30 die volgende:
24 And the men of Israel were distressed that day; for Saul had adjured the people, saying, Cursed be the man that eateth any food until evening, that I may be avenged on mine enemies. So none of the people tasted any food… 27 But Jonathan heard not when his father charged the people with the oath; wherefore he put forth the end of the rod that was in his hand, and dipped it in an honeycomb, and put his hand to his mouth; and his eyes were enlightened. 28 … and the people were faint. 29 Then said Jonathan, My father hath troubled the land; see, I pray you, how mine eyes were enlightened, because I tasted a little of this honey. 30 How much more, if haply the people had eaten freely today of the spoil of their enemies which they found? For had there not been now a much greater slaughter among the Philistines?
24 Toe … het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyhande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie… 27 Maar Jonatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ‘n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword. 28 … Daarom is die volk afgemat. 29 En Jonatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het. 30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie.
Jonatan het geproe van die land wat oorloop van melk en heuning en sy oë het oopgegaan. Hy is geweldig versterk daardeur en kon meer vlees (die Filistyne) oorkom as enige van die manskappe, wat afgemat was as gevolg van die honger. Op dieselfde manier het die kerk onder die salwing van Pinkster, ‘n vloek oor enigiemand uitgespreek wat dit sou waag om God direk te raadpleeg vir hul geestelike ‘kos’, sonder om eers met die priester of leraar te praat. Alle Goddelike openbaring moes eers ‘n stempel van goedkeuring van die kerkraad ontvang, wat eerder die tradisies van mense beoefen as die wet van God, voor dit as waarheid geag kon word. Dit het ‘n hongersnood na die Woord van God veroorsaak, soos Amos profeteer het in Amos 8:11-13.
11 Behold, the days come, saith the Lord God, that I will send a famine in the land, not a famine of bread, nor a thirst for water, but of hearing the words of the Lord. 12 And they shall wander from sea to sea, and from the north even to the east, they shall run to and fro to seek the word of the Lord, and shall not find it. 13 In that day shall the fair virgins and young men faint for thist.
11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. 12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie. 13 In die dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk -
Hierdie hongersnood het gekom as gevolg van Saul se vloek oor die mense - die verbod om te eet voor die dag (Pinkstertydperk) eindig. Dit het so ‘n geweldige honger veroorsaak, dat dit mense onrein kos laat eet het die oomblik toe hulle toegelaat is om te eet. 1 Sameul 14:32-33 sê:
32 And the people flew upon the spoil, and took sheep, and oxen, and calves, and slew them on the ground; and the people did eat them with the blood. 33 Then they told Saul saying, Behold, the people sin against the Lord in that they eat with the blood. And he said, Ye have transgressed; roll a great stone unto me this day.
32 En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het dit met bloed en al geëet. 33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die Here deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou ‘n groot klip na my toe.
As gevolg van hierdie hongersnood van die Woord, reis sommige Christene baie ver om vergaderings by te woon ten einde die woorde van vermeende profete te hoor. Dit bevestig net die geweldige honger onder Christene en ongelowiges. Die probleem is dit: As gevolg van hul ongeletterdheid in die Woord, kan hulle nie onderskeid tref tussen rein en onrein ‘kos’ nie. Té dikwels aanvaar hulle enige woord van die kansel af, sonder kennis van hoe om te onderskei tussen goed en kwaad. Die voedselwette in Levitikus 11 hou die sleutel tot kennis om te kan onderskei of ‘kos’ van die kansel af rein of onrein is. (Vir ‘n volledige studie hieroor, luister na ons 90 min. audio kasset genaamd How to Discern Clean Spiritual Food)
Saul het geen verantwoordelikheid vir sy aksies hier aanvaar nie. Hy het eenvoudig die mense blameer, omdat hulle teen God gesondig het, sonder enige berou dat hy die oorsaak van hul sonde was deur middel van sy instelling. Saul het toe besluit om die volgende dag voort te gaan deur teen die Filistyne oorlog te voer, maar hierdie keer het hy die manskappe toestemming gegee om kos te eet gedurende die stryd. Hy het ook ‘n altaar vir God gebou en openbaring ontvang om die volgende dag oorlog te voer. Saul het geleer om God te vra vir dinge, maar nagelaat om eers af te reken met sy hartsbegeertes. Ek glo dit is die rede waarom dit vir hom so maklik was om ‘n gunstige antwoord van God te kry.
Daar het egter ‘n priester na vore getreë en gesê: ‘Laat ons hier tot God nader.’ (1 Sameul 14:36). Saul het ingestem - ‘Toe het Saul God geraadpleeg.’ (1 Sameul 14:37), maar hierdie keer het hy geen antwoord van God ontvang nie. Saul het kwaad geword, omdat God geweier het om hom te antwoord, maar hy het nie besef dat die probleem in sy eie hart gelê het nie. Ons lees verder in 1 Sameul 14:38-39,
38 And Saul said, Draw ye near hither, all the chief of the people; and know and see wherein this sin hath been this day. 39 For as the Lord liveth, which saveth Israel, though it be in Jonathan my son, he shall surely die. But there was not a man among all the people that answered him.
38 En Saul sê: Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is. 39 Want so waar as die Here leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jonatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom daarop geantwoord nie.
Hulle het toe ‘die lot getrek’ op die Urim en Thummim in die priester se borsplaat, volgens die gebruik, om te sien wie die skuldige was en die loot het op Jonatan geval.
43 Then said Saul to Jonathan, Tell me what thou hast done. And Jonathan told him and said, I did but taste a little honey with the end of the rod that was in mine hand, and lo, I must die. 44 And Saul answered, God do so and more also; for thou shalt surely die, Jonathan.
43 Daarop vra Saul vir Jonatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jonatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net ‘n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe. 44 Toe sê Saul: Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, Jonatan.
Gelukkig vir hom, het die mense nie toegelaat dat Saul vir Jonatan ter dood veroordeel nie. Net so sien ons die hart van die kerk in die Pinkstertydperk openbaar in hierdie verhaal, want die kerk weier ook om die stem van God te hoor en volg eerder die begeertes van mag en geld in hul hart. Die kerk in die algemeen volg sy eie reëls en instellings - die dogmas vasgestel deur hul grootste doktors in teologie. Sulke dinominansies volg hul eie wette eerder as die Wette en die Hooggeregshofuitsprake van die Almagtige God.
Erger nog, kerkleierskap het, meer gereeld as nie, die woord van God van mense ontneem en ‘n vloek geplaas op enigiemand wat die Woord van God vir homself hoor. In vorige eeue het hulle mense gemartel en doodgemaak op grond van kettery. Dit was alles in die naam van die god van eenheid-in-die-kerk. Hulle het vroue en kinders op die brandstapel veroordeel en dit geregverdig deur te sê dat hulle in elkgeval binnekort in die hel sou brand vir ewig en daarom het hulle net die oordeel van God toegepas. In al hierdie dinge het hulle die profesie in die verhaal van koning Saul vervul.
In die 18de jaar van koning Saul se heerskappy, toe Dawid net 8 jaar oud was, Het God vir Sameul gesê om na Betlehem te gaan, na die huis van Jesse om een van sy seuns as koning te salf. Daar het die profeet Dawid aangetref en hom gesalf as koning. Ons lees in 1 Sameul 16:13-16:
13 Then Sameul took the horn of oil and anointed him in the midst of his brethren; and the Spirit of the Lord came upon David from that day forward. So Samuel rose up, and went to Ramah. 14 But the Spirit of the Lord departed from Saul, and an evil spirit from the Lord troubled him. 15 And Saul’s servants said unto him, Behold now, an evil spirit from God troubleth thee. 16 Let our lord now command thy servants, which are before thee, to seek out a man who is a cunning player on a harp; and it shall come to pass, when the evil spirit from God is upon thee, that he shall play with his hand, and thou shalt be well.
13 Sameul neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die Here het van die dag af en verder oor Dawid vaardig geword. 14 Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik. 15 Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘n bose gees van God verskrik u: 16 laat ons heer het sê, en u dienaars wat voor u staan, sal ‘n man soek wat op die siter kan speel: en as die bose gees van God oor u is, moet hy speel met sy hand, dan sal u beter word.
Hier vind ons die eerste melding van ‘n bose gees van God wat oor Saul kom. Dit was nie net die opinie van Saul se diensknegte nie - vers 14 stel duidelik dat dit die waarheid was. Wat meer is, mens sou dink dat Saul sou bid en vra dat dit verwyder moet word, die oomblik toe hy bewus geword het van die bose gees van God af. Hy sou sekerlik bely het. Hy sou tog wou weet waarom dit oor hom gekom het. Saul se prioriteit was egter nie die wil van God nie - sy prioriteit was om oor Israel te regeer en soveel as moontlik amptenare bymekaar te maak om Israel van hul rykdom te ontneem deur belasting (tithes) te vorder, soos God aan die begin gesê het in 1 Sameul 8:11-18.
Dit is geen toeval dat daar presies sewe keer in die verhaal van Saul melding gemaak word van die bose gees van God nie (1 Sameul 16:14,15,16,23 (x2), 1 Sameul 18:10 en 1 Sameul 19:9). Ek glo dit verwys na die sewe kerke van Openbaring, wat weer profeties is van die sewe kerk-eras gedurende die Pinkstertydperk. In elk van die sewe kerke en die sewe kerk-eras, moes die kerk worstel met die bose gees van God. Hierdie bose gees het ‘n aanvraag na musiek vereis, om te verhoed dat Saul heeltemal mal word – Is dit toeval dat kerke vandag musiek vervolmaak het en dat God ‘n groot hoeveelheid kunstenaars in hul midde geplaas het? Dawid was lief vir musiek, maar Saul was afhanklik daarvan – Is dit wat vandag ook gebeur?
Die bose gees van God het veroorsaak dat Saul ‘n spies optel en na Dawid gooi. Die Heilige Gees tree nie so op nie, maar die bose Gees van God doen. Mens kan amper hoor hoe Saul sy aksies regverdig op grond daarvan dat Dawid hom probeer onttroon in direkte opstand teen Sameul wat hom (Saul) as koning gesalf het. Hoe harder Dawid probeer het om ‘n goeie getroue dienskneg te wees, hoe banger het Saul vir hom geword en ook al hoe jaloerser op Dawid. Dit is vandag ook so, niks het verander nie.
In 1 Sameul 18:10 lees ons die mees verstommende en grondige profetiese stelling in die hele verhaal – en moontlik die hele Bybel.
10 And it came to pass on the morrow that the evil spirit form God came upon Saul, and he prophesied in the midst of the house...
10 Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis...
Let eerstens op die verskil in vertaling. Die Hebreeuse woord wat hier ter sprake is, is naw-baw wat ‘om te profeteer’ beteken, met ander woorde: praat of sing deur inspirasie (voorspellend of redevoerend). Die 1933 Afrikaanse Vertaling gebruik die woord ‘rasend’ in konteks van die verhaal eerder as die woord ‘profeteer’ - moontlik omdat dit ‘n beter beskrywing gee van die toestand waarin Saul op daardie stadium was, naamlik geestelik versteurd, terwyl hy klaarblyklik ‘met homself redeneer’.
Hoe dit ookal sy, hier vind ons dat Saul ‘profeteer’ onder die mag van die bose Gees van God. Onder die invloed daarvan het hy ‘n spies na Dawid gegooi. Dit is te betwyfel of Saul die verskil kon onderskei tussen die Heilige Gees en die bose gees van God. In die kerk van die 20ste eeu, en miskien vir die laaste 2000 jaar, het baie geestelike gawes manifesteer. Die een gawe waarom alles draai, ontbreek egter – die gawe van ‘onderskeiding van die geeste’ (1 Korintiërs 12:10).
Die kerk vandag ondervind geen tekort aan wonderwerke, tale, woorde woorde van kennis of woorde van wysheid nie. Al hierdie dinge is te vinde as mens daarna soek. Die kerk kan egter selde onderskei of die gees wat oor hulle kom werklik die Heilige Gees is, of ‘n gees van vleeslike begeertes. Dit is dus duidelik dat die Heilige Gees ons nog nie in volle waarheid ingelei het nie – soos Jesus profeteer het in Johannes 16:13. Die sektariese (godsdienstige) gees beweer en dink werklik dat dit oor die waarheid beskik, maar in werklikheid is dit ‘n bose gees wat hom as die Heilige Gees voordoen en mense kan nie die verskil onderskei nie.
Die verskil kan eers onderskei word wanneer ons volkome onderdanig aan God raak - in volle ooreenstemming met Hom, eerder as om ons eie vleeslike begeertes ná te streef. Die 10de en laaste gebod is die sleutel daartoe - leiding deur die Heilige Gees in volle waarheid. God het dit gelos vir laaste op Sy lys van gebooie. ‘Jy mag nie begeer nie’ is ‘n oproep om met alle begeertes en lus van die vlees weg te doen, want dit verhoed dat ons die stem van God kan hoor, soos ons dit behoort te hoor.