Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 15

Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 16

Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 17

Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 19
God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 3: Wanneer Mens God se Stem Begin Hoor

Om God se stem te hoor is geweldig subjektief (selfwaarneembaar) en daarom is dit uiters moeilik om te onderrig of selfs te verduidelik. Dit sou veel makliker gewees het as God met ‘n hoorbare stem gepraat het, hoewel die probleem dan weer insig sou wees rondom hoe om dit wat Hy gesê het, toe te pas. In my eie ondervinding en na aanleiding van gesprekke met ander, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen besondere voordeel in sou wees indien God wel met ‘n hoorbare stem sou praat nie (behalwe vir dowes). Die kwaliteit van die openbaring word nie vebeter of verminder deur die volume van Sy stem nie.

Elia het eens nodig gehad om God se stem te hoor, terwyl hy in ‘n spelonk in die berg Horeb vertoef het. Eers het ‘n geweldige wind opgesteek, maar ‘... in die wind was die Here nie.’ (1 Konings 19:11). Tweedens was daar ‘n aardbewing, maar ‘... in die aardbewing was die Here nie.’, dieselfde was waar van die vuur. Toe ervaar Elia ‘... die gesuis van ‘n sagte koelte.’, volgens vers 12 in die 1933 AV, maar, ‘... a still small voice.’ in die KJV en NASB – Hebreeus: dem-aw-maw dak kole kole, wat letterlik ‘stil klein stem’ beteken. ‘n Stil, sagte stem het na Elia gekom, wat die stem van die Here was. Hierdie ondervinding van Elia was gemik daarop om hom, en ons, te leer dat God met ons van binne wil praat, nie van buite met ‘n bulderende stem nie. God wil hê dat ons geestelike gehoor moet ontwikkel, sodat ons Hom kan hoor, ongeag die nederigheid van die oorsprong, in enige situasie of deur ‘n persoon of bemiddeling.

Inteendeel, God se opleiding behels verskeie maniere waarop Hy met ons praat, sodat ons nie in ‘n gewoonte verval waar ons Hom net deur sekere mense kan hoor nie. Tans is die grootste probleem in die kerk, die feit dat baie Christene niemand kan hoor, behalwe die leraar in hul midde nie. Hulle kan God nie hoor deur die klein kindjie, besoeker, gas, bekende ketter of die vyand nie. Dit is gedeeltelik die gevolg van beheermeganismes in die struktuur van die kerk, aangevuur deur die leraar se pogings om die skape in sy trop teen predatore te beskerm. Tog is die onderliggende motief eerder om mense afhanklik te maak van hul kerk of leraar, sodat hulle in die kamp van die kerk of kerkverband sal bly.

Ongelukkig verhoed hierdie tipe ‘beskerming’ dat mense geestelik groei. Mens kan nie leer om God te hoor, sonder om te doen te kry met die openbaring van afgode in jou eie hart (hartsbegeertes) nie. Leiers behoort vals openbarings vrylik toe te laat, al is dit vals, sodat mense kan leer om self te onderskei waarom dit vals is. Dit is ook deel van God se opleiding en die rede waarom Hy vir ons reëls en beginsels gegee het om situasies te identifiseer en waarvolgens ons tussen reg en verkeerd kan onderskei. Indien net een standpunt ooit toegelaat word, kan mense nie die kuns van geestelike onderskeid oefen en bemeester nie.

Dit is beide ironies en tragies dat kerkleiers verdeel is tussen die begeerte dat hul lede geestelik moet groei, maar terselfdertyd geestelike babas moet bly, sodat hulle nooit die punt bereik waar hulle die huis verlaat nie. Dit is die Godgegewe taak van leiers om soos geestelike vaders op te tree – wat beteken dat hulle hulself uit ‘werk’ uitwerk. Hulle behoort mense te lei na geestelike volwassenheid, sodat hulle weer die geestelike vader van nuwe babas in Christus kan wees.

Net soos fisiese kinders dikwels nie presies dieselfde insig en standpunt van hul vaders deel nie, so is dit ook met geestelike kinders. Gevolglik word geestelike groei geoffer op die altaar van eenheid. Kerkleiers vrees verskeidenheid, omdat hulle dit sien as onenigheid – wat ook dikwels, ongelukkig die gevolg is. Die oplossing is om nie verskeidenheid in sienswyses en openbarings te bestry nie. Die oplossing is om liefde in die harte van mense te bewerk, waardeur verskeidenheid nie onenigheid en afstigting sal veroorsaak nie. In ‘n gebrekkige wêreld is dit moeilik om te handhaaf - dit is die verantwoordelikheid van geestelike ‘vaders’ om die voorbeeld van Christen-liefde te stel. Meeste mense sal gunstig reageer op sulke voorbeelde en dié wat nie dit nie doen nie, behoort vry te wees om weg te gaan.

Hoe Ek Self Begin Hoor het in My Jonger Dae

As ek terugkyk, besef ek nou dat ek dikwels die stem van God gehoor het toe ek jonk was. Tot ‘n mate het ek selfs geweet dat God met my gepraat het, of ten minste dat Hy Homself met tye aan my openbaar het. Ek glo dat die meeste ware Christene ook voorbeelde in hul eie lewens kan uitwys waar God op die een of ander vlak met hulle in wisselwerking was. Dit is immers hoe ons weet dat daar ‘n God is – nie deur middel van wetenskaplik deurdagte maatstawwe nie, maar die subjektiewe (selfwaarneembare) manier waarop God met ons persoonlik in wisselwerking treë. Hierdie ondervindings word deel van ons wese - ons geestelike samestelling. Daarna kan ons die bestaan van God net so min ontken as wat ons kan ontken dat ons suurstof inasem, wat ewe onsigbaar is.

Ek het groot geword in ‘n Evangeliese kerk as die seun van ‘n sendeling. Ek kan nie ‘n tyd onthou wanneer ek nie geloof gehad het in God nie. Op ouderdom 7 is ek oorreed om ‘my hart vir God te gee’, maar ek weet dat ek geloof in God gehad het baie lank voor dit formeel vasgestel was by enige kerkaltaar.

Van groter belang, is dat ek op ouderdom 12 in ‘n rivier in die Filippynse Eilande gedoop is. Ek het my doop uitgestel, want ek het gevoel dat ek nog nie volmaak was nie. In my kinderlike verstand het ek kerkleerstelling interpreteer om te beteken dat ek eers volmaak moes wees, voordat ek gered kon word. Ek het God honderde kere om redding gevra, maar die volgende dag het ek altyd op een of ander manier gesondig – gewoonlik omdat ek my humeur verloor en met ‘n ander sendelingkind baklei het. Dit was my ‘bewys’ dat ek nie werklik opreg gevra het dat God my moet red nie, want as my versoek werklik opreg was, sou ek mos nie so gou weer gesondig het nie!

Daarom kon ek nie, met ‘n skoon gewete, saam met die ander kinders gedoop word daardie dag in Mei 1962 nie. Twee ure voor ons bestem was om na die rivier te vertrek, het God dit in my gedagtes laat kom dat die sendelinge self ook nie perfek was nie – ek het gehoor hoe van die sendelinge ander bespreek wat bakleierig en moeilik was om tevrede te hou. Dit was duidelik dat hulle dieselfde probleme ondervind het as wat ek op die ouderdom van 12 gehad het. Tog was daar by my geen twyfel dat hulle Christene was nie. Daar het ek tot die besef gekom dat mens nie perfek hoef te wees om gered te word nie, want as dit die geval was, was die kerk self in baie groot moeilikheid.

Ek is toe gedoop op daardie dag in Mei. Wat meer is, God het met my gepraat in ‘n ‘sagte, stil stem’ en my hele lewe het daarna verander. Van daardie dag af het ek geweet ek is ‘n Christen – nie omdat ek gedoop was nie, maar as gevolg van God se openbaring aan my. Saam met die aanhoor van God se stem, het ek geloof daardie dag op ‘n vlak ervaar wat ek nie vroeër ervaar het nie.

‘n Hoër Vlak van Gehoorondervinding

Ek was ‘n assistent-pastoor in Arizona vir ses jaar van 1975 – 1981 en het daarna my eie kerk in New Mexico gestig. God het egter ander planne vir my gehad. Ek het op ‘n baie jong ouderdom geweet dat ek bestem was vir die bediening, maar ook dat ek nie geroepe was om ‘n leraar te wees nie. Nietemin, as assistent-pastoor is verwag dat ek in opleiding moet wees om eendag my eie kerk te hê. Dit wou voorkom of die ‘bediening’ sinoniem was met pastoor-wees.

Toe ek uiteindelik in 1981 wel my eie kerk begin het, het my pastorale ondervinding net ‘n paar maande gehou. God het my met redelike slaankrag uit die bediening gehaal en in ‘n dissiplinêre siklus van 414 dae geplaas, waarna ons as ‘vloek-tyd’ verwys (sien die boek Secrets of Time). Gedurende hierdie tydperk in 1982 het God my geheel en al tot my einde gebring. Toe eers het ek God se stem op ‘n vlak ervaar wat ek nie eens geweet het moontlik was nie.

Ek het as pastoor uit die kerk bedank op 5 Desember 1981 en die volgende jaar spandeer op soek na God, sonder ‘n benul van die rigting wat my lewe moes inneem nie. Ek het een ding wel byna onmiddelik besef: Ek sou nooit weer ‘n pastoor wees nie. Ek het uit my kinderdae onthou dat dit nie die tipe bediening was wat God vir my bestem het nie. So het ek omtrent ses versoeke van groepe om as pastoor te bedien geweier. In Februarie 1982 het ek ‘n gesin in Texas leer ken wat geweet het hoe om te bid en God se stem te hoor. Vir die eerste keer in my lewe het ek gesien dat dit moontlik is om te bid en werklik onmiddelik ‘n antwoord van God te kry! Dit was revolusionêr.

Op 22 Maart 1982 het ek op ‘n plek gekom waar ek geweet het dat ek van God self moet hoor. Het God my uitgedryf? Het Hy my vergeet? Is ek werklik deur God geroep tot die bediening? Indien wel, watter tipe bediening? Ek het gekniel in ‘n klein huisie in die agterkant van ‘n woud in Wisconsin en met my hele hart gebid om te weet wat Sy wil was vir my lewe. Ek het geen onmiddelike openbaring ervaar nie, maar tien dae later is ek na ‘n konferensie in Lexington, Kentucky, waar ek wel van God gehoor het.

Op die eerste oggend van die konferensie, 1 April 1982, het hulle ‘n informele gebedsvergadering gehou vir mense in nood. In daardie tyd het ‘n man, wat ek nog nooit vantevore ontmoet het nie, van agter af na my gekom om vir my te bid. Hy het sy hand op my skouer gesit en begin profeteer. In hierdie profesie het God vir my al die antwoorde gegee op die vrae wat ek op 20 Maart aan Hom gevra het. Ek het voorheen ‘n paar keer gedurende vergaderings profetiese uitlatings gehoor, maar hierdie was die eerste keer wat God op hierdie manier, direk en persoonlik met my oor ‘n saak gepraat het.

Toe het ek besef waarom God profete aan die kerk (Efesiërs 4:11) gegee het en waarom ons steeds die gawes van die Gees in die Kerk nodig het. Miskien het ander ná die eerste eeu nie nodig gehad om God te raadpleeg nie, maar ek het geweet dat ek dit beslis benodig het. Die ‘manna’ van die Woord het my deur die res van daardie moeilike jaar bygestaan en krag gegee.

Sewe weke later is ek Kanada toe vir ‘n konferensie gedurende die Pinkstertyd (laat Mei). Teen hierdie tyd het ek bitter min geld en geen kar gehad nie. Ek het ‘n een-rigting kaartjie gekoop, want ek het tien doller gekort om die retoerkaartjie te bekostig. Een van die groot leermeesters by die konferensie was broer Gustav Hoyer, ‘n professor vir professors, wiskundige, astronoom en Bybelkundige leermeester met ‘n pragtige gees. Die een ding wat hy gesê het, wat my (ge)inspireer het om dit in my notas neer te skryf is dit: ‘Die eerste ding wat ons nodig het, meer as enigiets anders, is die gees van onderskeiding’.

Ralph Barney en John Green het baie geseënde boodkappe gelewer daardie finale aand van die konferensie - om ‘deur die derde voorhangsel te tree’. Die oproep het gekom vir dié wat kon hoor om vorentoe te gaan en te bely, ‘deur geloof tree ek deur die derde voorhangsel, tot in die Heiligste van die Allerheiligste’. Ek was een van vele wat dit gedoen het. Ek weet nie hoe dit die ander affekteer het nie, maar dit het ‘n diepgaande effek op my lewe gehad, want van daardie oomblik af vir maande daarna, het ek opgelet hoe die Gees van God oor my sou kom wanneer ek in gebed gegaan het – ek kon dit fisies voel. Eers het ek gedink dat dit toevallig was, maar dit het so gebly nadat ek huistoe is.

Op die laaste dag van die konferensie het ek kans gehad om bietjie klavier te speel (‘n stokperdjie wat ek per geleentheid geniet). Terwyl ek speel het ‘n vrou van agter af na my gekom en iets in my hemp se sak gesteek. Toe ek klaar die liedjie waarmee ek besig was gespeel het, het ek gekyk wat dit was. Dit was tien doller. God het my herhinner dat Hy al my behoeftes ken en daarin sou voorsien en my altyd sou onderhou.

Ek het op 26 Mei teruggekeer huistoe. Die volgende dag het ek ernstig begin vas en bid om die stem van God te hoor en Sy aangesig te soek in voorbereiding vir bediening. Op die derde dag van die vas het ek Jesus se 40-dag vas in die wildernis en hoe Hy versoeking oorkom het, bestudeer. Dit het my beslissend laat voorneem om te vas vir 40 dae indien nodig, om Sy stem te hoor! God het genade gehad met my onkunde en aan my Texas-vriende laat dieselfde nag ‘n antwoord gegee vir my. Hulle het 2:00 vm gebel en na verskoning die volgende boodskap oorgedra:

‘Steve perceives well that he is to fast at this time in preparation for a great step of learning which he is about to take ... Three days should suffice for him to remove enough of the dross of the world to allow My Spirit to flow freely in his body which is My temple ... You must not fast long enough to weaken your system.’

Hulle was onbewus daarvan dat ek pas drie dae van vas afgehandel het, dus was ek oortuig dat dit ‘n opdrag van God was om NIE langer te vas nie. As ek nou terug kyk, besef ek dat vas of enige ander dissipline nie help om God se stem te hoor nie. Dit mag vir party mense van hulp wees, maar is beslis nie die deurslaggewende faktor nie - dit is meer ‘n saak van fokus en bewuswording. Ek het begin hoor, omdat ek my aandag op God gefokus het met ‘n innerlike begeerte om Sy stem te hoor, wat alle ander begeertes oortref het. Deur op Hom te fokus, het ek meer en meer bewus geword van Sy teenwoordigheid, daarom was ek meer in harmonie met Hom en gevolglik daartoe in staat om te hoor.

Op 5 Junie 1982 is ek vroeg uit die vere om alleen in my skoonpa se kerk te gaan bid. Ek het God eers alles vertel wat ek nodig gehad het om Hom te vertel, sodat ek die warboel in my gedagtes kon opruim. (ons begeerte om met God te praat en onsself te verlig, lei ons aandag daarvan af om Hom te hoor praat) Toe het ek stil geword en my gedagtes op Hom gefokus en Hom gevra om met my te praat.

Op daardie oomblik het dit voorgekom of ek gedagtes gehad het van God wat met my praat, daarom het ek als wat ek ‘gehoor’ het in my notaboekie neergeskryf. Ek het net ‘n paar goed gehoor en was onseker of dit net ek was, of werklik God wat gepraat het. Ek het sedert daardie dag geleer dat die sagte, stil stem van God aanvanklik ononderskeibaar is van ons eie gedagtes. In werklikheid kan ons net met deursettingsvermoë en deur notas te maak van Sy woorde, die onderskeid leer. My notas daardie dag was as volg: Ek het gevra vir bevestiging, sodat ek kan onderskei of dit van God was of net die eggo van my eie gedagtes.

Die volgende dag het my vriende in Texas weer gebel. Hulle het gebid: Here, dit kom voor of Steve by ‘n kruispad staan en U hulp benodig. God se antwoord:

‘Steve already receives My guidence and is My beloved. He has not yet learned to perceive My words as you have, but the ability to recognise My presence and My blessing and affirmation is a great step forward ... All who seek Me are able to find Me if they truely open their hearts. They shall find Me within their souls where I have always been in the secret place ... Steve must also go where I lead him. He is learning rapidly of My spritual truth ... You must walk always in faith, never in fear. You must know always that My love and protection and guidance go with you everywhere and with anyone who truely seeks Me.’

Weereens was hulle onbewus daarvan dat ek reeds begin het om God se stem te hoor en dat ek om bevestiging gevra het. Hierdie woorde van God het hulle bietjie aan die raai gehad, want hulle was onder die indruk dat ek nog sukkel om te hoor – tog het God vir hulle gesê dat Hy my reeds lei. Toe hulle bel om hierdie woorde aan my oor te dra, was hulle oorstelp om te hoor van my onlangse ‘gehoor’ en het gesê: nou maak dit sin! Ons het gedink God bedoel Hy is besig om jou deur omstandighede oor die algemeen te lei.

Dit is hoe ek tot die besef gekom het dat ek werklik deur die derde voorhangsel gebreek het en in ‘n nuwe verhouding met God getreë het, wat ek nie voorheen ondervind het nie. Met verloop van tyd het ek tot die besef gekom dat ons almal God se stem hoor. Die probleem lê in die vermoë om te onderskei wanneer dit die stem van God is en wanneer nie, want ons hoor konstant twee stemme: Die stem van ons eie gedagtes (ons gewete) en God se stem.

Die gedagte, gewete of denke is mensgemaak. Ons ouers, onderwysers, vriende ens. vorm en bou ons denke in ons vroeë kinderjare, maar ons hartsbegeertes heers daaroor. ‘n Mens se gewete is alleenlik ‘n goeie riglyn, wanneer dit in harmonie met die karakter van God is. Dit kan slegs gebeur wanneer die hart se begeertes ontwortel word.

Aanvanklik is God se stem in konflik met die stem van ons eie denke en ons veg dikwels daarteen. Dus is dit ‘n stryd tussen God en ons hartsbegeertes. Wie ookal die stryd wen, word die hoofleier op daardie betrokke gebied van ons lewens. Indien die hartsbegeerte wen, sal ons God nie kan hoor op daardie gebied van ons lewens nie, tot die dag dat God die hartsbegeerte weer uitdaag en dit oorwin. Uiteindelik is die doel, totale hernuwing van ons denke, sodat ons gewete altyd ten volle in ooreenkoms met die stem van God is.

Wanneer ‘n mens se geloof getoets word

Nadat ek die stem van God vroeg in Junie 1982 herken het, het ek vir die volgende paar weke die lig van Sy stem gekoester. Hy het vele openbarings aan my gemaak vir die roeping wat Hy in my lewe het. Dit het die grondslag gelê en aan my die insig gegee, om Sy weë te verstaan. Baie daarvan is persoonlik en lewer geen direkte bydrae tot hierdie boek, wat handel oor die vermoë om Sy stem te hoor, nie. Ek het egter een baie belangrike beginsel geleer, eintlik per ongeluk, maar wat ek weet Goddelik geïnspireer was: Die wet van ‘dubbel-getuienis’.

Kort nadat ek die stem van God begin hoor het, het ek gevra vir ‘n ‘persoonlike vers uit die Skrif’. Hy het vir my ‘n vers gegee wat ek dadelik gaan naslaan het, om te sien wat dit beteken. Ek het besef dat hierdie verse altyd te doen het met die antwoorde wat hy my kort voor die tyd gegee het. Dit het uiteindelik by my deurgedring dat God Sy woorde bevestig deur die wet van dubbel-getuienis en dat die Gees en die Woord altyd getuienis lewer van die waarheid.

Die Skrif was ‘n eenvoudige manier om onmiddelik bevestiging van Sy woorde te bekom. Later het ek gesien dat die Gees dit ook gebruik, nie net as ‘n dubbel-getuienis nie, maar ook as geleentheid om my te leer van die geestelike beginsels agter die geskrewe Woord. My aantekeninge sedertdien is vol notas waar die Gees van God my geleer het hoe die Goddelike wette werk met betrekking tot sake soos geestelike oorlogvoering, voorbidding en die toepassing van ware regverdigheid en genade op ander. Hierdeur het ek die werklike doel agter die wet geleer, nie net die oppervlakkige toepassing daarvan nie.

Ek het nie werklik van geestelike oorlogvoering iets geweet tot Sy gesproke woord, erger as enigiets wat ek my ooit kon indink, deur vuur beproef was nie. Ek was te onvolwasse in hierdie dinge om te besef, dat God alles wat Hy liefhet doodmaak. Eers Jesus Christus, en daarna almal anders, sodat ons een kan word met Hom, in Sy dood. Ek veronderstel ek het gedink dat God ons net sal beproef tot aan die rantjie van volkome rampspoed, maar ons nooit oor die rant sal stoot nie. Ek het besef dat Christus op die pad na die kruis voorgeloop het vir almal van ons, want Hy vra nie dat ons iets moet deurmaak as Hy nie self gewilliglik daardeur gegaan het nie. Hy het nie gesterf, sodat ons die dood kan vryspring nie, maar om te wys hoe om te sterf met ‘n doel en betekenis.

Gedurende Junie 1982 het God aan my trooswoorde gegee en my gewys dat ek die toekoms nie hoef te vrees nie, ek moes net glo dat Hy sal voorsien en my sal lei. Ek het verwag dat Hy met groot krag en majesteit sou kom om my van al my moeilikheid te verlos. Ek het besef, wanneer Hy kom om ons te red, dan verslaan Hy ons, net soos Hy Sy eniggebore, geliefde Seun verslaan het. Dit het so gebeur dat my situasie ‘n klimaks bereik het in Julie 1982. Deur werkloos te wees vir sewe maande (en geen manier om werk te kry nie, maak nie saak hoe hard ek probeer het nie), is ek verslaan tot die punt waar ek niks meer gehad het as my gesin nie. As God my nie uit my situasie sou verlos teen 1 Julie nie, sou ek verpletter word deur skuld en sou ek letterlik as ‘n slaaf moes werk sonder vergoeding.

Op 9 Julie het ek tot God gebid om te hoor of Hy my sou verlos soos Hy belowe het. Ek het Habakuk 2:3-4 ontvang:

3 For the vision is yet for an appointed time, but at the end it shall speak, and not lie; though it tarry, wait for it, for it will surely come; it will not tarry. 4 Behold, his soul which is lifted up is not upright in him; but the just shall live by his faith.

3 Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie. 4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

Dit was beslis nie ‘n goeie teken nie. Ek het gehoop dat God se bedoeling die laaste gedeelte van vers 3 was, naamlik dat dit alte seker kom en nie sal versuim nie. Ek het die Bybel toegemaak en probeer om nie verder daaraan te dink nie. Dit was nie die woorde wat ek wou hoor nie – God sou dit darem seker nie aan my doen nie. Ek het dan al my hoop op Sy verlossing geplaas. God sou sekerlik my geloof eer. Ek het toe nie geweet dat God met ons praat om aan ons geloof te gee nie, en dan nog geduld (lydsaamheid) daarby voeg, wat alleen deur toets en verdrukking ontwikkel, nie. Jakobus 1:3 sê: ‘... omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.’ en Romeine 5:3 sê: ‘... omdat die verdrukking lydsaamheid werk,’. Ek wou nie geduld aanleer nie. Ek wou dit maklik hê - dat God dit in my intap, maar Hy het nie.

Die volgende dag (10 Julie 1982) het Hy die volgende tot my gespreek:

‘Thou hast borne much for Me, and I will redeem thee. But first go to Egypt. There thou shalt see My mighty works. It is necessary that you go to Egypt. Fear not to go there, for I will be with you always. I will not cut you off. I will continue to speak to you and teach you new things every day.’

Vader, wat van U vorige beloftes aan my?

‘They have only been deferred, as I said yesterday. They shall surely come to pass, all that I have spoken. If you rise to power as did Joseph, you must first be in the dungeon, as he was. Fear not, for I will also teach thee what I taught him and speak to thee, as I spoke to him.’

Waaraan sal ek uitken dat U met my gepraat het?, het ek redelik kwaad gevra. Jakobus 1:19 ...

19 Wherefore, my beloved brethren, let every man be swift to hear, slow to speak, slow to wrath.

19 So dan, my geliefde broers, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

(Later nadat ek afgegkoel het) Waarom moet die gesig nog duur tot op die vasgestelde tyd? Jakobus 1:2-4 ...

2 My brethren, count it all joy when ye fall into divers temptations [trials]; 3 knowing this, that the trying of your faith worketh patience; 4 But let patience have her perfect work, that ye may be perfect and entire, wanting nothing.

2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Daarna het Hy bloot gesê:

You have asked a great deal of me.

En dit was die waarheid, ek het inderdaad baie van God gevra. Soos almal anders, wou ek Hom en die mag van Sy opwekking verstaan. Ek wou hê dat God my moes gebruik in die opstelling van Sy Koninkryk. Dit was moontlik vleeslike ambisie in ‘n geestelike mantel, maar ek wou nie ‘n gemiddelde Christen wees wat min sien, niks hoor en nog minder weet nie. Ek het wel die Skrifgedeeltes wat oor heerskappy saam met Hom handel, gelees en ek het geweet dat ek deel van daardie groep wou wees. Die oomblik toe ek besef dat God selfs vandag met mense praat, het ek geweet dat ek nooit tevrede sou wees voor ek nie hierdie hele aspek van die Christen-ondervinding behoorlik deursoek het nie.

So het ‘n afwaartse spiraal tot in totale dood en vernietiging begin, tot ek alle hoop om ooit weer die lig te sien, verloor het. Ek het my gesin na Minnesota verskuif om vir ‘n onbepaalde tyd saam met my ouers te woon. Intussen was my ma op sterwe met kanker en ek moes haar help versorg, terwyl my pa gaan werk het om ‘n lewe te probeer maak. Om my skuld af te betaal het ek gewerk met geen hoop op enige vergoeding nie. My vrou het ‘n werk begin as ‘n nagskof verpleegstersassistent by ‘n ouetehuis. Een van my dogters het toe ‘n nierprobleem ontwikkel. Geen hoeveelheid gebede het enige verskil gemaak nie. Ek het geen geld gehad vir ander medikasie nie, selfs al sou ek geweet het wat om te doen. Uiteindelik moes ek vir haar ‘n identiteitsnommer kry en ‘n groenkaart, sodat sy na Minnesota se Universiteitshospitaal kon gaan vir behandeling.

Op 23 Oktober 1982 het ek uiteindelik ‘gegaan na die wolkedonkerheid waar God was’ (Eksodus 20:21). Ek het daardie dag gesterf. Alles wat ek van God verstaan het, het my daardie dag heeltemal gefaal. Ek het alle hoop verloor. Ek het geen geloof meer gehad, dat Hy enige van Sy beloftes aan my sou onderhou nie. Die ergste was die wete dat God wel met my gepraat het, maar dit wou voorkom of Hy my heeltemal begewe het. Oppad huistoe, nadat ek saam met my vrou na haar werk (aan die ander kant van die dorp) gestap het, het ek God gevra om my net te los, sodat ek ‘n normale lewe kan ly soos almal anders. ‘I wouldn’t treat my dog this way!’, het ek in totale wanhoop gesê. In my persoonlike notas vir daardie dag het ek die volgende geskryf:

I think I am just about at the end of my rope. I may as well admit that I’m ruined, and I’ll have to start over again in a new kind of life. Faith is too impractical. I might as well admit it doesn’t work, at least not for me. The more I try to take problems with the proper attitude, the more God beats me over the head, It’s as though He is trying to make me admit ruin and throw in the towel. So far, I’ve taken everything on the chin and have come up fighting. Maybe if I give up and quit, he’ll stop beating me into the ground. It’s not fair, nor is He just in promising one thing and doing another. If he’d give me some encouragement once in a while, I could keep on. But I know people who can manage employees better than God does. I just give up trying to please Him. I quit.

Terwyl ek in wanhoop verval het, was ek soos ‘n dooie vir die volgende 42 dae. In hierdie tydperk kon my vrou die druk nie meer hanteer nie. Sy het besluit om die kinders te neem en by haar ouers in Wisconsin te gaan bly as dinge nie verander teen die eerste van die komende jaar nie. Ek het geweet dat sy reg is, maar daar was niks wat ek kon doen om die situasie te verander nie.

Teen hierdie tyd was my ma byna heeltemal bedlêend en sy het my bystand benodig, meer as nog ooit tevore. Daarom het ek gebid – of eerder, God ingelig – indien ons nie teen die eerste van die jaar daar uit was nie, ek een tas sou pak en met my gesin suid sou duimry. As niemand ons wou oplaai nie, dan sou ons loop. Tog het ek besef dat God my maklik sou verhoed om dit te doen, as Hy so verkies het. Daar was letterlik niks anders as wag vir God om iets te doen nie.

Op 4 Desember 1982 het God begin ‘beweeg’. Dit was tot op die dag een jaar na ek my bediening aan die kerk in New Mexico neergelê het. Ek het ‘n bondel nuusbriewe ontvang van ‘The Net of Prayer’. Die lees van hierdie nuusbriewe was die begin van die einde van my beproewing, want nou het ek verstaan wat God se doel was daarmee om my deur so ‘n moeilike toets te laat gaan. Weereens tot op die dag 1 jaar nadat ons fisies uit New Mexico weg is, het ek ‘n oproep uit Arkansas ontvang, wat my ‘n werk as lettersetter by ‘n nuwe maarskappy aangebied het.

Dit was 31 Desember 1982 – God het my afsnydatum geëer, en suid duimry was nie meer nodig nie. ‘n Trektrok is gestuur om ons na Arkansas te verhuis. Ons is op 22 Januarie 1983 uit Minnesota weg en het op die 23ste in Batesville, Arkansas aangekom.

Dit was presies 414 dae na my bedanking op 4-5-1981 tot Januarie 22/23 1983. My ‘vloektyd’ was uiteindelik verby. Dit sou van groot hulp gewees het as ek in daardie dae enigiets van tydsberekening geweet het, maar ek het niks van vloektyd geweet tot 1991 nie. Wanneer nasies onder vloektyd geplaas word, word siklusse van 414 jaar toegepas. Wanneer van toepassing op persoonlike situasies, word siklusse van slegs 414 dae aangewend. Dit is egter die onderwerp van ‘n ander boek.

Die nag voor ek uit Minnesota weg is, het ek ‘n lang gesprek met my ma gehad, wetend dat dit die laaste keer was dat ek haar lewend sou sien. Sy’t gesê dat sy gebid het, en weet dat dit God se wil is dat ek na Arkansas verhuis. Sy was tevrede en het reeds in God se rus ingegaan toe sy oorlede is op 15 Februarie 1983. My ma was ‘n merkwaardige vrou - meer as enige ander persoon, het haar gebede en geloof my lewe gevorm.

Die Tydperk van Restourasie

In my boek, Secrets of Time, verduidelik ek hoe dit voorkom of God altyd 76 jaar aan die einde van ‘n 414-jaar siklus voeg, om ‘n ‘seën-tydperk’ (490) teweeg te bring. Die getal 76 dui op ‘n tydperk van reiniging en restourasie om ons volkome in lyn te bring met die perfekte wil van God. Ek was geen uitsondering nie. Nadat my 414-dae van toets en dissiplinering voltooi was, het ek ‘n 76-dae seëntydperk binne gegaan. Die 76 dae het van 23 Januarie tot 9 April 1983 gestrek. Hoewel ek op daardie stadium nog onbewus was van hierdie tydsiklusse, het ek altyd versigtig dagboek gehou, daarom kon ek 10 jaar later al hierdie inligting bymekaarsit.

Op 27 Januarie 1983 het ek ‘n vlug na New Mexico onderneem om ons meubels, wat vir die laaste jaar daar geberg was, na Arkansas te skuif. Op 1 Februarie het ek ‘n kennisgewing van ‘The Net of Prayer’ (waarby ek op 16 Januarie 1983 formeel aangesluit het) ontvang. Daarin is ons opgeroep tot geestelike oorlogvoering op 7 Februarie 1983. Ek het besluit om ‘n 7-dag vas te begin. Gedurende hierdie vas het dit by my opgekom dat God se woorde van 10 Julie 1982 vervul is, waar Hy gesê het dat ek soos Josef moes wees, toe hy in die tronk (dungeon) was. Josef was in daardie tronk vir 12 jaar – ek het begin uitkom ná presies 12 maande, tot op die dag.

Op 9 Februarie 1983, onder gebed, het die gevoel oor my gekom dat ek ‘n reis moes onderneem na New Mexico en Arizona om met my verlede te versoen, en dat ek op 8 April 1983 weer tuis moes wees. Ek het Hom ook ‘n vers uit die boek van Jona hoor aanhaal, ‘nog 40 dae, dan word Ninivé verwoes.’ (Jona 3:4). Ek het die betekenis hiervan interpreteer as ‘n 40-dae reis. As die tog dus op 8 April moes eindig, sou ek op 28 Februarie moes vertrek.

Ek het regtig nie uitgesien na so ‘n lang reis nie en ek het ook nie uitgesien daarna om my verlede in die oë te gaan kyk nie. Hulle het my immers uit die bedienning forseer en my bedanking aangevra. Vanuit my perspektief was ek die een wat te ná gekom was en letterlik alles verloor het. Tog eis God nou dat ek baie geld spandeer aan ‘n lang reis om met my verlede te gaan vrede maak, verskoning te vra en niks in ruil te verwag nie. Ek het briewe geskryf en versoek om met die kerkleiers in Arizona en New Mexico te ontmoet en vinnig na die poskantoor gery om dit weg te stuur, voordat ek moed verloor.

Dieselfde aand het ons kennisgewing van ons verhuurder ontvang dat hy pas die huis verkoop het en dat ons binne 30 dae sal moet trek (teen 10 Maart). Dit wou voorkom of die voorgenome reis dus onmoontlik gemaak is. Daar was 4 ‘berge’ wat verskuif moes word om die reis moontlik te maak:

Eerstens was my ma op sterwe – om ‘n lang reis te beplan net om dit kort te knip vir ‘n begrafnis was onprakties.

Tweedens het ek toe pas na Batesville verhuis, nie net vir werk nie, maar ek is ook gevra om ‘n Bybelstudiegroep daar te lei, georganiseer onder die naam van ‘God’s Kingdom Church’. Hoe kan ek op reis gaan, nadat ek pas daar aangekom het. Nee, hulle sou moes saamstem en my volmag moes gee deur my die hande op te lê.

In die derde plek was ek skepties of die mense in New Mexico en Arizona hoegenaamd sou instem om my te woord te staan. Ek het ‘n uitnodiging van hulle nodig gehad, waarin hulle toestemming gee dat ek hulle mag sien.

Die vierde ‘berg’ – ek het ‘n huis nodig gehad voordat ek kon vertrek.

My ma is oorlede op 15 Februarie en ek het deurgery Minnesota toe vir ‘n week (in ‘n kar wat ‘n vriend my geleen het). Op 28 Februarie het ek ‘n uitnodiging uit Arizona ontvang, wat die 40-dae aftelling tot 8 April afgeskop het. Dit het my insig rondom die 40-dag tydperk reggestel. 28 Februarie was nie die datum van my vertrek nie, maar die ontvangs van die uitnodiging wat ek daarvoor benodig het.

Die plaaslike groep het my op 6 Maart magtiging gegee om op reis te gaan, dieselfde dag waarop ons ‘n ander huis gekry het om in te woon. Op 7, 8 en 9 Maart het ons verhuis. Ek het die reis op 10 Maart 1983 begin. So het dit ‘n 30-dae tog geword binne-in ‘n 76-dae versoeningstydperk. (Baie jare later het ek ontdek dat alle 76-dag tydperke natuurlik in 46 en 30 opdeel)

Uit my oogpunt was die reis ‘n sukses aangesien ek alles gedoen het wat God gesê het ek moet doen. Ek het geen beskuldigings gemaak nie, maar net verskonig gemaak. Nadat ek van hulle af weg is was ek tevrede en vreugdevol in my hart. Ongelukkig het die versoening my meer gebaat as vir hulle, maar ek het geweet dat ek gehoorsaam was en alles gedoen het wat ek kon. Nou kon ek aanbeweeg na in (‘n) nuwe wêreld wat God vir my oopgemaak het in.

Ek was tuis teen middernag van 8/9 April 1983, presies 76 dae nadat ons na Arkansas verhuis het en 490 dae nadat ek uit die bediening (kerk) in New Mexico bedank het. Ek was toe in seëntyd en ek kon ‘n nuwe lewe begin.

Lesse wat Geleer is

Toe God my geloof getoets het, het ek dit nie geslaag nie - ek het net ‘gesterf’. Al my eie geloof was verbrand in die vlamme van die toets – al wat oorgebly het was Sy woorde en die geloof in Jesus. Die brutale waarheid is dat my geloof onbenullig was vir die plan van God. My geloof het niks bewys nie. Hy het my laat val tot op ‘n plek van totale wanhoop, waar ek nie die krag gehad het ‘to name it and claim it’ (om dit te identifiseer en eien) nie. Al Sy beloftes aan my was bevestig suiwer op die krag van Sy woord, ongeag wat ek gedoen het, ongeag my geloof en ongeag my eise. Al wat Hy van my nodig gehad net was om te sterf en uit die pad te kom. Hy het alles gedoen deur die ‘raad van Sy wil’ (Efesiërs 1:11). Ek het geen geloof om mee te spog nie. Ek kan net spog met die grootheid en liefde van God.

Ek het ‘n nuwe mens geword - ‘n nuwe skepsel in Christus, nie bloot leerstellig nie. Ek het besef dat ek nie hier is om my geloof te bevestig nie, maar net om getuienis te lewer van God se werke wat ek sien en hoor. Wat meer is, ek weet deur eie ondervinding dat Romeine 8:28 die waarheid is...

28 And we know that all things work together for good to them that love God, to them who are the called according to His purpose.

28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Ek het hierdie Skrifgedeelte geglo en gepreek vir baie jare voor God dit op die proef gestel het om te sien of ek werklik Sy woorde kon glo wanneer ek deur ‘n vurige toets gaan. In die hitte van hierdie beproewing (23 Oktober 1982) het ek ‘n interessante ontdekking gemaak: In my verstand kon ek nie langer hierdie woorde glo nie, daarom het ek geskryf ‘I quit’, maar in die diepste skuilhoeke van my gees, het ek tog geweet dat God wel alle dinge vir my ten goede sal laat meewerk. Daar was geloof in my gees, al was alle geloof uit my vleeslike siel en denke verwring.

Ek het ‘n baie waardevolle les hieruit geleer. Geloof is nie ‘n gemoedstoestand van die verstand nie, maar ‘n toestand van die gees. Die verstand (vlees) handel net met oortuiging, terwyl die gees die tuiste van geloof is. Ek weet dat die Apostel Paulus ook baie beproewings van sy geloof beleef het, daarom kon hy in Romeine sê ‘ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie’ Romeine 7:18 (1933 AV). Die doel van beproewings is om die beperkings van die vlees aan te dui, nie die kwalitiet van ons geloof in God nie. My vlees met sy sterflike oortuigings was redelik sterk, daarom het dit amper ‘n jaar geneem daarvoor om te sterf. Toe ek egter uiteindelik ophou spook en net sterf, het God my opgerig as ‘n nuwe skepsel-mens in Hom.

Hierdie ‘opstanding’ was egter net die begin. Daar was op daardie stadium nog baie belangrike lesse wat ek moes leer. Die Josef-openbaring van ‘in die tronk wees’ vir 12 maande(,) was net op daardie eerste jaar van toepassing. Dit sou egter ‘n 12-jaar toepassing ook hê (1981-1993) wat nie sou stop voor die einde van die Kerk-tydperk nie. Gedurende dié tydperk moes ek nog twee keer sterf, sodat ek die gevolge van ongehoorsaamheid aan die stem van God kon leer.

Ek hou nooit op om God te dank vir Sy dissiplinering nie, want ek het besef dat Hy Sy Seuns dissiplineer (Hebreërs 12:5-7). Ek word daardeur bemoedig al gaan ek deur die dal van doodskaduwee, al ‘... maak ek die doderyk [sheol], my bed, kyk, U is daar!’ (Psalm 139:8).

Om God se stem te hoor was die wonderlikste, mees asemrowende ondervinding van my lewe, maar dit was ook ‘n vurige beproewing. God het my in Eksodus 20:18-21 gewys hoe Israel op ‘n afstand bly staan het, bang om teen die berg op te gaan saam met Moses om die vurige stem van God aan te hoor. Ek verstaan beslis die gevoel. As ek - toe ek hierdie pad begin stap het - enigsins geweet het wat vir my voorlê, sou ek moontlik eerder gekies het om in die skare Israeliete op ‘n afstand te bly staan.

Maar God het my oë verdof deur my fokus op die beloftes wat aan die einde sou kom te rig, eerder as op die beproewing op die pad daarheen. Aanvanklik was ek nogal ontsteld en kwaad vir Hom oor Sy Goddelike oëverblindery, net soos Jeremia het toe hy in Jeremia 20:1-9 die volgende gesê het:

2 Then Pashur smote Jeremiah the prophet and put him in the stocks that were in the high gate of Benjamin, which was by the house of the Lord. 7 O Lord, thou hast decieved me, and I was deceived; Thou art stronger than I and hast prevailed. I am in derision daily, every one mocketh me. 9 Then I said, I will not make mention of Him, nor speak anymore in His name. But His word was in mine heart as a burning fire shut up in my bones, and I was wary with forbearing, and I could not stay.

2 Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die Here. 7 Here, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was ‘n belagging die hele dag, almal saam spot met my. 9 En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in Sy naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.

Jeremia was geen uitsondering nie. Hy moes - net soos ons - deur vurige beproewings gaan om sy geloof te toets, omdat hy gewaag het om te ‘hoor’. Ons God is ‘n verterende vuur. Om Sy stem te hoor is nie ‘n oproep tot glorieryke oorwinning nie, maar ‘n oproep om te sterf. Dit is nie die bedoeling om mense te ontmoedig om Sy stem te hoor nie, maar eerder woorde van troos vir mense wat besig is om te sterf in Sy vurige teenwoordigheid.

God haat nie dié wat Hy dissiplineer nie. Hy dissiplineer omdat Hy Sy kinders liefhet en beoog om hulle te louter soos goud en silwer om hulle drek geaardheid te vervang met ‘n Goddelike geaardheid. Hy wil mense voortbring volgens Sy beeld, om saam met Hom te heers en regeer, sodat hulle weer op hulle beurt ander sal leer hoe om te sterf deur Jesus te volg na die kruis.

Om Ons Hemelse Vader Lief te hê

In die behoorlike opvoeding van kinders, neig die wêreld om te dink dat dissiplinering skadelik is vir ‘n kind se ontwikkeling. Baie ouers weier om hul kinders te dissiplineer, omdat hulle aanvoer dat hulle wil hê dat hul kinders hulle moet liefhê. Hulle besef nie dat dissipline nie die probleem is, solank dit nie met mishandeling gepaard gaan nie. Beide dissipline en mishandeling moet deur die Bybel definieer word. Dit val natuurlik buite die onderwerp van hierdie boek, maar die punt wat hier gemaak moet word, is dat kinders wat hul ouers die liefste het, dié kinders is wat behoorlik deur hulle gedissiplineer was van ‘n jong ouderdom af.

Dit is presies dieselfde in ons verhouding met ons hemelse Vader. Hoewel God se dissiplinering dikwels nogal intens kan wees, sodat ons eerder van Hom af wil weghardloop, sal ons Hom uiteindelik liefhê, want Hy dissiplineer ons om volwassenheid te bereik, in staat daartoe om Sy agapé liefde te verstaan. Die grootste gebod, het Jesus gesê, is te vinde in Deuteronomium 6:4-5:

4 Hear, o Israel: The Lord our God is one Lord; 5 And thou shalt love the Lord thy God with all thine heart, and with all thy soul, and with all thy might.

4 Hoor Israel, die Here onse God is ‘n enige Here. 5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

Ons fokus is dikwels so ingestel op die gedeelte wat opdrag gee om Hom lief te hê, dat ons vergeet hoe dit gedoen word. Die sleutel is in die eerste vers: ‘Hoor Israel’. Om Hom te hoor is die eerste stap na liefde vir Hom. Eers hoor ons Sy stem – dit gee geloof, dan word hierdie geloof getoets deur ‘vuur’ – sodat die geloof suiwer geestelik is, onafhanklik van oortuigings van die vlees (siel of denke). Hierdie beproewing produseer geduld of uithouvermoë. Dan eers ontvang ons die beloftes. Hebreërs 6:12-15 vertel vir ons...

12 That ye be not slothful, but followers of them who through faith and patience inherit the promises. 13 For when God made promise to Abraham, because He could swear by no greater, He sware by Himself, 14 saying, Surely, blessing I will bless thee, and mulitplying thee. 15 Ans so, after he had patiently endured, he obtained the promise.

12 Sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is. 13 Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer 14 en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. 15 En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.