Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 15

Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 16

Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 17

Notice: A non well formed numeric value encountered in /home/godsking/public_html/processwire/site/templates/_header.php on line 19
God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 4: Die wette van die Koninkryk

Die wette van die Koninkryk kan omskryf word as enigiets wat God sê die mens moet doen. Dit is eenvoudig: om aan die Koning gehoorsaam te wees is om Sy wette na te kom. Die wette van die Koninkryk is bloot ‘n weergawe van Sy regverdige karakter en dit is ook die maatstaf waarvolgens regverdigheid gemeet word. Om die karakter van die Koning te skend of ontheilig, word sonde genoem.

Die Hebreeuse term vir sonde is khataw, wat beteken ‘om te versuim om ‘n doel te bereik of om ‘n doel te mis’. Romeine 3:23 sê

23 For all have sinned and fall short of the glory of God.

23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Met ander woorde, almal mis die doel. Almal versuim om die karakter van God uit te straal. Almal misluk.

Die doel van die wet is om met sondaars af te reken. So lank as wat daar sondaars is, moet daar wette wees wat mense verhoed om hul naaste skade te doen. Om vrede in die land te weeg te bring, moet hierdie wette boetes vir oortredings hê, waardeur wet en orde gehandhaaf kan word wanneer die regte van ander geskend word.

Paulus verduidelik die doel van die wet in 1 Timoteus 1:8-11

8 But we know that the law is good, if one uses it lawfully. 9 realizing the fact that law is not made for a righteous man, but for those who are lawless and rebellious, for the ungodly and sinners, for the unholy and profane, for those who kill their fathers or mothers, for murderers, 10 and immoral men and homosexuals and kidnappers and liars and perjurers, and whatever else is contrary to sound teaching, 11 according to the glorious gospel of the blessed God, with which I have been entrusted.

8 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik 9 en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, godelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars 10 hoereerders, sodomiete [homoseksuele], mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, 11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

Aan die begin, voor sonde in die wêreld gekom het, was dit nie nodig dat hoër magte enige wette op mense moes toepas nie, maar toe die mens begin sondig, het dit nodig geword om met die nuwe realiteit rekening te hou. Aan die einde, wanneer God weer ‘alles in almal’ is, sal dit nie meer nodig wees om wette toe te pas nie, want die wette van God sal in alle mense se harte ‘geskryf’ wees. Die mens sal van nature die regte ding doen - dit sal nie meer nodig wees om mense onder dwang of deur middel van wetstoepassing te verhoed om mekaar te nà te kom nie.

Die wette van God is toenemend openbaar namate die mens moreel agteruit gegaan het. Die eerste wet is ‘n Genesis 2:16,17 aan Adam gegee:

16 And the Lord God commanded the man, saying, “From any tree of the garden you may eat freely; 17  but from the tree of the knowledge of good and evil you shall not eat, for in the day that you eat from it, you shall surely die”.

16 En die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17  maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Op daardie stadium was geen ander wet nodig nie, maar hierdie een enkele wet was genoeg geleentheid vir Adam en Eva om te sondig. Nadat hulle gesondig het, het die mensdom ‘n lang pad van agteruitgang begin stap en God moes al hoe meer wette openbaar om Sy wil met betrekking tot ‘n verskeidenheid sondes bekend te maak.

Na die vloed het God meer wette aan Noag openbaar waarmee hy oor die aarde moes heers. Noag was die regmatige koning van die aarde, want die geboortereg is van Adam af oorgedra na hom. Noag het reeds die verskil tussen rein en onrein diere geken - hierdie kennis was nodig om die diere in die ark bymekaar te kry voor die vloed (Genesis 7:2).

Na die vloed het God nog meer bekend gemaak in Genesis 9:1-7 - Dit was teen die wet om vleis met bloed daarin te eet, want bloed was nie geskape as voedsel vir die mens nie. Net so het ‘n mens wat die lewe van sy naaste ontneem, ook sy eie lewe verbeur (Genesis 9:4). Meer eienskappe van God se regverdige karakter is in die daaropvolgende eeue openbaar, want ons lees in Genesis 26:5 dat God Abraham geseën het, vir gehoorsaamheid:

5 because Abraham obeyed Me and kept My charge, My commandments, My statutes, and My laws. 

5 omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.

Dit is dus duidelik dat Abraham volgens Goddelike reëls geleef het, lank voor Moses geleef het. Abraham het sy gehoorsaamheid gewys toe hy getrek het, nadat God hom opdrag gegee het om uit Ur van die Chaldeërs na Kanaӓn te verhuis. Abraham was ‘n baie gelowige man - gehoorsaamheid het sy geloof bevestig.

Vier eeue na Abraham het Moses, Israel uit Egipte na die berg Sinaï gelei, waar God ‘n meer volledige stel wette van die Koninkryk aan hulle bekend gemaak het. Hierdie wette moes gebruik word om die verhouding tussen God en die mens, asook tussen die mens en sy naaste, te bestuur. Die wette bepaal volkome geregtigheid - die oordeel pas altyd by die oortreding, met ander woorde die boete of straf is direk eweredig aan die misdryf. Wanneer verskoning deur middel van ‘n boete of straf onmoontlik was, het doodstraf gegeld.

Hierdie wette, soos al die vorige wette van die Koninkryk, was ontwerp om die mens se vleeslike neiging om mekaar te moor of benadeel, stop te sit. Elke veroordeling het ‘n regverdige boete of straf by die wette ingesluit en hierdie veroordelings beskerm nie alleen die regte van die slagoffers nie, maar ook die regte van die oortreders. Die geskiedenis van die mensdom bewys dat strawwe wat menslike owerhede bepaal, die oortredings self by verre oortref.

Die Apostel Paulus sê in Romeine 7:12

12 So then, the law is holy, and the commandment is holy and righteous and good. 

12 Dus is die wet Heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.

Hy sê verder in vers 14 dat die wet geestelik is. Baie leerstellings voer aan dat die wet wêrelds of vleeslik is, asof dit deur die verstand van sterflike mense uitgedink is. Dit is onwaar - ‘God is Gees’ en ons moet Hom aanbid in gees en waarheid (Johannes 4:24), enige wet wat van Hom af kom, is daarom geestelik.

Die administrasie van die wet word egter maklik bederf deur vleeslik gesinde regters, wanneer hulle nie die gesindheid van die Outeur van die wette verstaan nie. Dit was later ‘n probleem in Israel en Jesus het dit nodig gevind om hul interpretasies te korrigeer met Sy welbekende Bergrede (Sermon on the Mount).

Die mens se interpretasies van die wette staan bekend as ‘the traditions of men’ - oorlewerings. Hierdie oorlewerings stem ooreen met moderne wetsvoorbeelde - gevalle studies - waarvolgens grondwette bepaal word. Dit is egter ‘n natuurlike neiging om af te wyk van die oorspronklike intensie van die wet wanneer mense nie saamstem met die agendas van vorige wetgewers nie. Dit is aanvaarbaar indien van toepassing op wette van gebrekkige mense, maar nie op die Wette van God nie.

Die priesters her-interpreteer Bybelse Wette op ‘n manier wat die ongeldig maak. Jesus het gekom om ons die ware betekenis van die wette, soos God dit bedoel, te wys. Later jare het die kerk dieselfde foute begaan toe hulle hul eie oorlewering volgens die idees van mense ontwikkel het. Hoe meer die mens van God se gesindheid verskil, hoe meer her-interpreteer hulle die wet om aan te pas by hul idees van reg en verkeerd.

Die priesters se oorlewerings is later neergeskryf en staan bekend as die ‘Joodse Talmud’ - dit is nie dieselfde as die Bybel nie, dit is ‘n samestelling van hul Joodse tradisies. Ons lees in Markus 7:5-9 daarvan

5 And the Pharisees and the scribes asked Him, ‘Why do your disciples not walk according to the tradition of the elders, but eat their bread with impure hands?’ 6  And He said to them ‘Rightly did Isaiah prophesy of you hypocrites, as it is written, ‘This people honours Me with their lips, but their heart is far away from Me. 7  But in vain do they worship Me, teaching as doctrines the precepts of men. 8  Neglecting the commandment of God, you hold the traditions of men.’ 9  He was also saying to them, ‘You nicely set aside the commandment of God in order to keep your tradition. 

5 Daarop stel die Farisieërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande? 6  En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer my met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. 7  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. 8  Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander derglike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 9  En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.

Let op die verskil tussen die gebooie van God en die oorlewering van mense. Jesus het net goeie goed te sê gehad van God se gebooie, maar weinig oor die oorlewerings van die oudstes. Mens moet die verskil ken om die waarheid agter Sy afkeur te verstaan.

Die Apostel Paulus het deeglik verduidelik dat God nie Sy wette opsy geskuif het nie. Jesus het wel die volle straf vir ons sonde en die sonde van die wêreld betaal - dit het die wet se skuldeis bevredig.

Jesus kon die Kruisdood vrygespring het as Hy die wet opsy geskuif het, maar Hy het gekies om die wette te onderhou en die boete vir sonde ten volle te vereffen deur aan die kruishout te sterf in ons plek vir ons sondes. Deur gewillig na die kruis te gaan het Hy gewys dat Hy met die Wet se eis vir geregtigheid saamstem. Deur die boete te betaal het Hy die wêreld van die dood gered. Daarom sê Paulus in Romeine 6:14

14 For sin shall not be master of you, for you are not under law, but under grace. 

14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Om ‘onder die wet’ te wees beteken dat mens skuldig is voor die hof as oortreder en dus aanspreeklik is vir die boete daavan. Die oomblik wanneer ‘n mens sondig, kom hy onder die wet as gevolg daarvan en die wet sal die oortreder nie vryspreek, voordat die boete betaal is nie. Toe Jesus die boete wat deur die wet bepaal is betaal het, is die oortreder vrygespreek, omdat die boete betrokke, vereffen is en die wet daardeur dus bevredig is - die wet is dan nie meer ‘n bedreiging vir die oortreder nie. So ‘n mens is dan nie meer onder die wet nie, maar wel onder genade - nie omdat die oortreding goedgekeur is nie, maar omdat die boete vir daardie oortreding betaal is.

Dit beteken glad nie dat enige oortreding van God se wette minder sondig is nie - diefstal is steeds sonde, moord is steeds sonde en owerspel is steeds sonde. Sonde is nie aanvaarbaar of wettig verklaar deur Jesus se dood aan die kruishout nie. Die wet teen oortredings is nie afgeskaf nie - diefstal het nie ‘n regverdige daad geword na Jesus se kruisdood nie.

Die wet bly steeds ‘n uitdrukking van God se karakter. Die hoof verskil is: toe Jesus die boete vir ons sonde, soos deur die wet bepaal, betaal het, kon die wet nie meer boetes ophef as die mandaat daarvoor nie - so is ons ‘onder genade’.

Paulus maak dit duidelik dat ons nie ‘in sonde mag bly, sodat genade meer kan word nie’ (Romeine 6:1). Hy sê in Romeine 6:15

15 What then? Shall we sin because we are not under law, but under grace? May it never be! 

15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

Met ander woorde, as mens die spoedgrens op die hoofpad oortree, gee die verkeersbeampte jou ‘n kaartjie en mens moet dan die boete daarvoor betaal as straf. As die boete te duur is vir mens om dit te betaal, kom mens ‘onder die wet’, totdat die boete vereffen is. Dit mag wees dat mens dan vir 30 dae tronk toe moet gaan, maar as jy ‘n oom het wat die boete namens jou afbetaal, kom mens ‘onder genade’ en die wet spreek jou vry, sodat jy nie tronk toe hoef te gaan nie.

Wat sal jou oom van jou dink as jy daarna voortgaan om die spoedbeperkings te verontagsaam, omdat jou oom altyd jou boetes betaal? Is dit hoe jy daardie oom bedank? Natuurlik nie. Tog word baie Christene vertel dat hulle nou die reg het om te sondig (die wet te oortree), asof Jesus sonde wettig gemaak het deur die boete daarvoor te betaal.

Christene het geen reg om te sondig nie. In 1 Johannes 3:4 vertel Johannes vir ons dat sonde wetteloosheid is. Jesus het gesê dat baie voor Hom gaan staan op die oordeelsdag en dat hulle sal aanvoer dat hulle baie wonderwerke in Sy naam uitgevoer het, maar Jesus gaan vir hulle sê ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!’ (Matteus 7:23).

Die wette van die Koninkryk is gegee om die mens se geneigdheid tot wetteloosheid in toom te hou. Daar is twee maniere waarop God met hierdie wetteloosheid afreken. Die Ou Verbond onder Moses was om deur uitwendige wetstoepassing wetteloosheid te bedwing. Die Nuwe Verbond metode onder Christus is deur inwendige verandering van ‘n mens se natuur deur die krag van die Heilige Gees wat binne ‘n gelowige mens stelling inneem.

Die Ou Verbond metode was slegs gedeeltelik suksesvol, maar geskiedenis bewys dat uitwendige beperkings deur vrees vir wetstoepassing eindelik altyd sal misluk. Die menslike natuur sal altyd probeer om die wet te omseil of maniere vind om ongeregtigheid te beoefen sonder om uitgevang te word.

Om hierdie rede, stel nasies al hoe meer wette op wat al hoe meer beperkings instel en die boetes word geleidelik verhoog in ‘n poging om wetteloosheid te beperk of wetsoortreding te ontmoedig. Uiteindelik oorskry die straf die oortreding by verre, maar steeds is wetteloosheid aan die orde van die dag.

Die Nuwe Vebond beperk nie alleen wetteloosheid nie - Die Heilige Gees bewoon ‘n gelowige se hart en werk van die binnekant af. In stede van beheer deur vrees, werk die Heilige Gees met  liefde deur die wette in ons harte te ‘skryf’. Die vrug van hierdie innerlike werking is aanpassing by die regverdige karakter van God, nie onder dwang nie, maar omdat mens met God begin saamstem. Dit word bereik deur die Woord (wet) te lees met die hulp van die Heilige Gees - om die gesindheid van die Wetgewer te verstaan en die wet deur Jesus Christus se oë te sien.

So word die wet van God nie net die uitdrukking van Sy karakter nie, maar ook die gelowige se karakter. ‘n Gelowige sal nie steel, moor of owerspel pleeg nie, al laat die landswette dit toe sonder straf - uitwendige wetsgehoorsaamheid is nie meer sy motivering nie, sy motivering is innerlik.

Dit is die Nuwe Verbond metode waarmee God huidiglik geregtigheid in die wêreld inbring. Die wette van die Koninkryk word op die harte van mense ‘geskryf’. God lei mense op om goeie burgers van die Koninkryk te wees en om aan ander van Sy regverdige karakter te getuig.